Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
SA nie ‘opgevoed genoeg’ vir genadedood
Adv. Robert Stransham-Ford. Foto: Jaco Marais

Die Suid-Afrikaanse gemeenskap is nog nie gereed vir die wettiging van vrywillige genadedood nie, blyk uit die betooghoofde van die Raad op Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGBSA) in die appèlhof in Bloemfontein.

Die RGBSA vrees dat genadedood in die Suid-Afrikaanse konteks misbruik kan word weens die magswanbalans in die verhouding tussen dokter en pasiënt.

Die RGBSA is een van vier partye wat appèl aanteken teen ’n uitspraak in die hooggeregshof in Pretoria , waar ’n regter ’n aansoek van adv. Robin Stransham-Ford (65), ’n kankerlyer, toegestaan het dat wettige genadedood op hom toegepas kan word. Hy is sowat twee uur voor die uitspraak dood.

Mense wat terminaal siek is, is nie net kwesbaar oor hul siekte nie, maar laer vlakke van opvoeding of ’n gebrek daaraan veroorsaak nog ’n groter magswanbalans.

Dit maak Suid-Afrika anders as ontwikkelde lande soos Nederland, Kanada en die Amerikaanse deelstaat Oregon waar vrywillige genadedood wettig is.

“In ons gemeenskap is daar mense, wat dokters insluit, wat enigiets sal doen vir geld en wat nie sal huiwer om dié magswanbalans tussen dokter en pasiënt te misbruik vir geldelike gewin nie.

“Die verbod op vrywillige genadedood beskerm die kwesbares en die gemeenskap teen dié booshede.”

Adv. C.H. van Bergen en A.J. D’Oliveira het die betoogshoofde namens die RGBSA opgestel.

Meer oor:  Robin Stransham-Ford  |  Bloemfontein  |  Appèlhof  |  Genadedood  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.