Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
SA sendeling in Madagaskar dalk Donderdag in hof

’n Suid-Afrikaanse sendeling wat in Madagaskar aangehou word omdat hy na bewering ’n voetganger raakgery het, sal moontlik Donderdag daar in die hof verskyn.

Nic Strydom (65) en sy vrou, Tina, voorheen van die NG kerk in Brackenfell, Kaapstad, woon al meer as 20 jaar in Madagaskar.

Nic en Tina Strydom Foto: Verskaf

Die voorval het sowat twee weke gelede gebeur, maar hy is eers Vrydag in hegtenis geneem.

Ds. Johan Engelbrecht van die NG kerk in Hartenbos sê Tina het laat weet dat die saak “beslis” Donderdag sal voorkom. Dit kon nie vroeër gebeur nie omdat die papierwerk nog nie afgehandel is nie.

“Môre gaan ek doodstil wees en sal julle Donderdag op die hoogte hou van hoe die dag verloop,” lui haar WhatsApp-boodskap aan Engelbrecht.

Engelbrecht het aanvanklik Christen-groepe se voorbidding vir die egpaar gevra in ’n plasing wat op sosiale media versprei is. Die kerk is een van talle wat die egpaar in hul sendingwerk bystaan en ondersteun.

Luidens die plasing het Nic glo ’n voetganger raakgery wat voor sy motor ingehardloop het. Hy het sowat ’n maand tevore ’n kamera in die motor laat installeer waarop die voorval vasgelê is. Met sy inhegtenisneming is daar blykbaar beweer dat hy die video kon gemanipuleer het.

Volgens die plasing het Nic selfs die “slagoffer” se hospitaalkoste betaal. Volgens die hospitaal het die man geen breuke opgedoen nie en is hy dieselfde dag ontslaan.

Nic het nie ’n matras in sy sel nie en mag ook nie besoekers ontvang nie. Sy familie moet probeer om kos by hom te kry.

Hy sou oor twee weke begin het met die opleiding van evangeliste.

Luidens die plasing is Nic en Tina se gesondheid baie broos.

Meer oor:  Madagaskar  |  Raakgery  |  Aangehou  |  Hof  |  Voetganger
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.