Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Saak oor gesteelde tjello van rol geskrap

Die saak teen die student van die Universiteit van die Vrystaat (UV) wat na bewering die waardevolle tjello van prof. Frederick Fourie, oudrektor van die universiteit, gesteel het, is van die hofrol van die Bloemfonteinse landdroshof verwyder.

Dit kom nadat die polisie vir ’n tweede keer nagelaat het om die dossier van die ondersoek na die klag van diefstal teen Xabiso Ndleneni (26) van Parkwes in die stad na die hof te bring.

Phophi Madiehe, sy regsverteenwoordiger, het Maandag voor landdros Johandi Gouws aansoek gedoen dat die saak van die hofrol verwyder word. Gouws het die aansoek toegestaan.

Dossiere is nie beskikbaar nie

Cecilia Matgong, die aanklaer, het gesê dit is die vierde van sewe verhore wat van die hofrol verwyder is omdat die dossiere nie beskikbaar is nie.

Sy het gesê selfoonboodskappe is dié oggend aan die ondersoekbeamptes gestuur. Hulle het nie eens geantwoord nie.

Net voor Ndleneni se verskyning het twee mans luidkeels buite die hof hul vreugde laat hoor toe die dossier teen hulle ook nie beskikbaar was nie en hulle sonder enige aanklagte teen hulle uit die hof gestap het.

* Dié situasie van dossiere wat nie beskikbaar is nie, gebeur daagliks in van die Bloemfonteinse landdroshowe.

Lees ook: Oud-musiekstudent in hof ná tjello verdwyn

Oud-rektor kry tjello ná student dit wou verkwansel

Na verneem word, moet die polisie die kantoor van die direkteur van openbare vervolging se toestemming vra om só ’n saak weer op die hofrol te kry.

Tjello was swart gespuitverf

In baie gevalle gebeur dit glo nie.

As die dossier in Ndleneni se geval opgespoor word, die nodige toestemming verkry word en Ndleneni opgespoor kan word, sal hy gedagvaar word om weer in die hof te verskyn.

* Die tjello is vroeg verlede maand in ’n studentehuis in Parkwes opgespoor nadat dit glo teen R6 000 op Facebook geadverteer is. Dit is intussen swart gespuitverf.

Die Italiaans vervaardigde Enzo Lassi-tjello was 51 jaar lank Fourie se eerste en enigste tjello. Dit is duisende rande werd.

Dit is ná ’n uitvoering van die Vrystaatse Simfonieorkes in September verlede jaar in die Odeion-teater op die kampus van die UV gesteel.

Fourie was ’n gasheer op ’n geselligheid ná die konsert en hy het sy tjello agter die verhoog gelos, waar al die musici gewoonlik hul instrumente uit- en inpak.

Toe hy terugkom, was dit weg.

Meer oor:  Xabiso Ndleneni  |  Dossiere  |  Tjello
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.