Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Saak oor Marli se kuratorskap weer uitgestel
Die Van Breda-gesin is agter van links Henri, Rudi en hul pa, Martin, en voor staan Marli en haar ma, Teresa. Foto: Verskaf

Die aanhoor van die kuratorskap van Marli van Breda is ’n tweede keer uitgestel weens ’n verslag wat nog nie gefinaliseer is nie.

Adv. Louise Buikman SC is as Marli se kurator aangestel nadat haar broer Henri van Breda hul ouers en oudste broer in Januarie 2015 vermoor het.

Van Breda is in Junie tot drie keer lewenslank tronkstraf gevonnis weens dié moorde en tot 15 jaar tronkstraf op die aanklag dat hy probeer het om vir Marli te vermoor.

Die hofverrigtinge in Marli se saak is in Mei uitgestel sodat Buikman haar verslag kon indien, maar die aanhoor van die kuratorskap is tot 31 Julie uitgestel.

Buikman het egter Woensdag bevestig dat die saak tot 27 Augustus uitgestel is omdat sy nog haar verslag moet finaliseer.

Die verslag is vertroulik en sal nie bekend gemaak word nie. Tot en met die aanhoor van die saak sal regter James Yekiso se bevel geld.

Dit behels onder meer dat Buikman die enigste mens is wat met die media mag praat, dat die media versigtig moet wees oor hoe hulle oor Marli berig, dat daar nie oor haar geskryf mag word nie en dat sy nie afgeneem mag word sonder Buikman se toestemming nie.

Indien die media oor Marli of die saak berig, moet dit versigtig hanteer word – net dít wat van openbare belang is, mag genoem word.

Marli het ernstige breinbeserings opgedoen in die aanval en ly aan ’n vorm van amnesie.

Buikman se kuratorskap is in Oktober 2016 verleng, al het Marli 18 geword. Sy is toestemming verleen om in die belang van Marli op te tree en haar te help met enige regskwessies en om ander “groot besluite” te neem.

*Van Breda het op die dag van sy vonnisoplegging aangedui dat hy teen die uitspraak en sy vonnis gaan appelleer. Dit word op 14 Augustus aangehoor.

Meer oor:  Marli Van Breda  |  Kuratorskap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.