Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Saak oor moord, verkragting van 6-jarige uitgestel

Die saak teen die man wat na bewering vir Delvina Europa (6) die afgelope Sondag verkrag en vermoor het, is Donderdag in die landdroshof in Bredasdorp tot 8 April vir verdere ondersoek en ’n moontlike borgtogaansoek uitgestel.

Die 35-jarige man, van Elim buite Bredasdorp, is Dinsdag, sowat ’n uur nadat Delvina se lyk in bosse agter die plaaslike laerskool gevind is, deur die polisie in Barrydale vir ondervraging aangekeer.

Delvina Europa (6)Foto: Verskaf

Delvina se familie ken glo die man.

Inwoners het hom Maandag geïdentifiseer as die mens saam met wie Delvina die laaste keer gesien is. Sy het in Nuwestraat, Elim, gespeel toe sy weggeraak het.

Hy is glo gesien waar hy saam met die kind in die rigting van die bosse waar haar lyk gevind is, gestap het.

Die man is Woensdagaand ná amper twee dae van ondervraging van Delvina se verkragting en moord aangekla.

Die verdagte het sowat ’n maand gelede uit ’n rehabilitasiesentrum vir dwelmverslaafdes gekom. Hy is in

2014 skuldig bevind aan seksuele aanranding van ’n minderjarige meisie met wie hy ’n seksuele verhouding gehad het. Dit is in die stadium onbekend wat sy vonnis weens daardie oortreding was.

Die verdagte is ook in 2018 aangekla van die verkragting van ’n minderjarige meisie. Die saak teen hom is egter teruggetrek.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag in die Wes-Kaap, het bevestig dat die saak tot 8 April vir ’n borgtogaansoek uitgestel is.

Meer oor:  Delvina Europa  |  Bredasdorp  |  Elim  |  Inhegtenisname  |  Vermeende Verkragting  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.