Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Saak teen 'Boersoek' se Toanette teruggetrek

Die saak van bedrog teen Toanette Els (23), deelnemer aan die werklikheidsreeks Boer soek ‘n vrou, is voorlopig teruggetrek. 

Toanette Els Vrydagoggend by die hof. Foto: Isabel Venter

Els het Vrydag in die landdroshof in Modimolle (Nylstroom) in Limpopo verskyn. 

Buiten vir die klag van bedrog het Els ook verskyn op ‘n alternatiewe klag van diefstal. 

Dié donkerkop wildboer, wat die eerste vroueboer geword het om onder die topvyf in die 11de reeks van die program te eindig, was Vrydag verlig oor die hof se besluit. 

“Ons het eintlik geweet dit gaan gebeur, maar ek is baie bly en verlig dat die saak nou amper op ‘n einde is,” het Els buite die hof gesê. 

Els is in Julie in hegtenis geneem nadat Jana Smit, ’n inwoner van Modimolle, ’n klag van bedrog teen haar by die polisie aanhangig gemaak het.

Smit se dogter sou ’n wildbewaringskursus van Els bywoon, maar dit het nooit gebeur nie.

Smit het 'n saak by die polisie aanhangig gemaak in 'n poging om haar geld terug te kry.

Els het intussen die geld in Smit se bankrekening inbetaal.

* Els het in ’n onderhoud met Kwêla verduidelik dat sy die kursusse van R35 000 aanbied en ’n reëling met Smit getref het dat sy dit kan afbetaal, waarna sy ’n eerste paaiement van R10 000 ontvang het. Die dag wat die kursus sou begin, was Smit se dogter glo betrokke in ’n motorongeluk. Dit het later so uitgewerk dat Smit se dogter nooit die kursus bygewoon het nie en Smit ook nie die res van die kursusgeld betaal het nie.

Meer oor:  Modimolle  |  Bedrog  |  Hof  |  Boer Soek 'N Vrou  |  Toanette Els
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.