Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Saak teen Breytenbach in sy afwesigheid uitgestel
Willem Breytenbach in Februarie tydens sy hofverskyning. Foto: Jaco Marais

Die saak van seksuele en onsedelike aanranding teen Willem Breytenbach (55), sakeman, oudonderwyser en voormalige Media24-bestuurder, is Maandag in sy afwesigheid in die landdroshof in Kaapstad tot 26 Junie uitgestel.

Breytenbach se prokureur het reeds verlede week met die staat in lig van die 21 dae van inperking op ’n uitsteldatum ooreengekom.

Breytenbach staan op sewe aanklagte van onder meer onsedelike aanranding tereg.

Hy is op 3 Desember 2019 by sy sielkundige se spreekkamer in Hartenbos in hegtenis geneem en het op 5 Desember die eerste keer in die landdroshof in Kaapstad op twee aanklagte verskyn.

Daar is nou ses aanklagte van onsedelike aanranding en een van seksuele aanranding teen hom.

Daar is nou ses aanklagte van onsedelike aanranding en een van seksuele aanranding teen hom.

Die aanvanklike aanklag van onsedelike aanranding spruit uit ’n beweerde voorval in 1997. Die klaer in die voorval was toe 16 jaar oud en nog op skool.

Die aanklag van seksuele aanranding spruit uit ’n beweerde voorval in 2017. Die klaer is ’n volwasse man.

Die aanklag van onsedelike aanranding word as sodanig beskryf omdat dit na bewering plaasgevind het voor 2007, toe die Kinderwet aangepas is. As dit ná 2007 gebeur het, sou dit as verkragting beskryf kon word.

Drie van die nuwe aanklagte spruit uit die tydperk toe hy ’n onderwyser by Grey-kollege in Bloemfontein was, en ook by ’n skool in Riversdal in die Suid-Kaap. Die klaers was almal minderjarige seuns ten tyde van die beweerde voorvalle.

Meer oor:  Willem Breytenbach  |  Saak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.