Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Saak teen man teruggetrek oor ‘verkragting’ van baba

Die saak teen ’n 57-jarige man van Mitchells Plain, Kaapstad, wat daarvan beskuldig is dat hy ’n eenjarige babameisie verlede week verkrag het, is glo Dinsdag voorlopig teruggetrek.

Voorheen is berig die polisie is Donderdagaand na ’n huis in Woodlands, Mitchells Plain, ontbied nadat berig ontvang is dat die kind verkrag is.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en sê in ’n verklaring ’n saak van verkragting word ondersoek.

Volgens ooggetuies het woedende inwoners wat van die misdaad gehoor het, na die huis opgeruk.

’n Klerk by die hof het bevestig dat die verdagte Maandag in die hof in Mitchells Plain verskyn het.

Sy volgende hofdatum vir ’n formele borgtogaansoek is aanvanklik Maandag tot 9 September uitgestel.

Die man se naam was egter Dinsdagoggend weer op die hofrol, sê die klerk.

Die klerk kon nie bevestig waarom die man weer Dinsdag voor die hof was nie, en waarom die saak teruggetrek is nie.

Meer oor:  Woodlands  |  Mitchells Plain  |  Kaapstad  |  Misdaad  |  Baba  |  Vermeende Verkragting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.