Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Saak teen Marius Fransman tot September uitgestel
marius fransman
Marius Fransman Woensdag in die hof. Foto: Charné Kemp

Marius Fransman, gewese Wes-Kaapse ANC-leier, het Woensdag weer in die hof in Kimberley op aanklagte van seksuele misdrywe en crimen injuria verskyn.

Die saak kon egter nie voortgaan nie omdat die nasionale direkteur van openbare vervolgings (NDOV) nog ’n paar aspekte moet opklaar.

Adv. Adéle van Heerden, aanklaer, het gesê die uitstaande kwessies sal teen die middel van September opgelos wees.

Die aanklagte spruit uit ’n voorval waarin ’n sekretaresse Fransman van seksuele misdrywe beskuldig het.

Louisa Wynand het in Januarie 2016 ’n klag van seksuele teistering teen Fransman by die Sun City-polisiekantoor aanhangig gemaak.

Sy beweer Fransman (49) het haar seksueel aangerand toe hulle op 4 Januarie 2016 in die Flamingo-hotel in Kimberley oornag het. Sy het saam met Fransman en twee ander ANC-lede na die 140ste verjaardagvieringe van die ANC gereis, wat op 8 Januarie in Rustenburg, Noordwes, gehou is.

Fransman word luidens die klagstaat deur twee aanklagte van crimen injuria in die gesig gestaar. Hy staan ook tereg op drie aanklagte van seksuele aanranding, alternatiewelik crimen injuria.

Irfan Parker het namens Fransman verskyn.

Landdros Quvashini Nulliah het die saak tot 18 September uitgestel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.