Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Saak teen ‘Muishond Malan’ uitgestel

Hoewel elke hond sy dag in die hof kry, is “Muishond Malan” Woensdag die kans ontneem toe die verhoor uitgestel is waarin hy en die sakevrou Linja Allen verder in haar teisteringsaak teen hom sou getuig.

Die verhoor is weens haar ongesteldheid uitgestel.

Intussen is die tussentydse interdik teen Rudi Ferreira, wat onder die skuilnaam “Muishond Malan” ’n rubriek op Facebook skryf, opgehef.

Rudi Ferreira, wat onder die skuilnaam Muishond Malan skryf, toe hy vroeër in die hof verskyn het. Foto: Charné Kemp

Ferreira is die bedryfshoof van ’n plaaslike aanlyn koerant.

Allen het hom in Maart vanjaar daarvan beskuldig dat hy haar onder sy eie naam op WhatsApp en as “Muishond Malan” op Facebook beledig en gedreig het.

Ferreira het na bewering op WhatsApp gesê dat daar “f****l van Allen sal oorbly” as hy haar dagvaar, waarna sy hom hof toe gesleep het.

Ingevolge die tussentydse interdik was Ferreira verbied om op enige wyse met haar of haar naasbestaandes kontak te maak. Sy het vroeër ook strafregtelike klagte van crimen injuria en intimidasie teen hom ingedien.

Die prokureur Riaan Bode het vroeër namens Ferreira in sy aansoek om private WhatsApp-boodskappe en persoonlike inligting te bekom, aangevoer dat dit nodig is dat hy Allen se kruisondervraging afhandel.

Ferreira se grondwetlike reg tot ’n regverdige verhoor en ’n moontlike appèl is ter sprake, het hy aangevoer. Die hof moet ook kan bepaal of Allen ’n geloofwaardige getuie is.

Ferreira beweer sy was deel van ’n WhatsApp-groep waarin die gesprekke ook gehandel het oor polisiewreedheid, wat lasterlik en polities onaanvaarbaar en aanhitsend kan wees. Die inligting kan in openbare belang wees, word aangevoer.

Landdros Celeste Nameka het die saak tot 18 Oktober uitgestel.

Meer oor:  Muishond Malan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.