Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Saak teen onderwyser uitgestel

Die saak teen ’n onderwyser (61) van Heidelberg in die Wes-Kaap wat van die seksuele aanranding op ’n minderjarige leerling aangekla word, is tot Oktober uitgestel.

Die onderwyser het Maandag weer vlugtig in die landdroshof in Heidelberg verskyn en die saak is vir verdere ondersoek tot 12 Oktober uitgestel.

Die voorval was op 30 Julie tussen 22:00 en 23:00 op die terrein van die skoolkoshuis.

Volgens die polisie het ’n 16-jarige meisie en haar ma op 24 Augustus ’n klag by die polisie in Heidelberg ingedien.

Die onderwyser is op 27 Augustus in hegtenis geneem nadat hy die naweek uitstedig was. Hy het dieselfde dag in die landdroshof in Heidelberg verskyn en is gelas om dadelik die skool se perseel te verlaat. Hy is op waarskuwing vrygelaat.

Die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) het vroeër bevestig dat tugstappe teen die onderwyser gedoen word.

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Heidelberg  |  Onderwyser  |  Seksuele Aanranding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.