Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Saak teen oudrugbyspeler teruggetrek

Die staat het aanklagte van crimen injuria teen ’n voormalige provinsiale rugbyspeler en sakeman in Bloemfontein en Namibië, Leon van der Wath, in die landdroshof in Bloemfontein teruggetrek.

Leon van der Wath met ’n vorige hofverskyning.Foto: Argief

Adv. Jacques Potgieter het Maandag namens die staat voor landdros Johandi Gouws gesê die aanklagte is op versoek van die klaagster, Sonia de Winnaar, terug getrek.

Die aanklagte het gespruit uit ’n voorval op 15 Desember 2017 buite die kuierplek Pub Stop in die stad toe Van der Wath, van Donald Murraylaan in Parkwes, Bloemfontein, glo laataand daar aangekom en sy bakkie in die straat parkeer het.

Volgens De Winnaar het hy haar lelik gevloek. Sy het ’n veiligheidsmaatskappy ontbied.

Dit was toe die twee veiligheidsbeamptes daar opdaag dat Donald Brophy, een van hulle, glo ook gevloek is. Luidens die klagstaat is hy ’n “coloured bastard” genoem.

Nico Naudé van Nico Naudé-prokureurs het namens Van der Wath in die hof gesê De Winnaar het al in Augustus verlede jaar ’n verklaring by die polisie ingedien wat lui dat sy nie met die aanklagte wil voortgaan nie.

Dit is steeds nie in die polisiedossier nie.

* De Winnaar was destyds bestuurder van Pub Stop. Sy werk nie meer daar nie.

* Van der Wath en Corrie Lotter van Van Tonderstraat in Fichardtpark verskyn later vanjaar saam in die landdroshof op ’n aanklag dat hulle Leon Joubert (24) op 11 Desember 2016 in die kuierplek Wheels Pub in die stad aangerand het.

Hulle het hom glo met die vuis geslaan en geskop.

Lotter is die eienaar van die Wheels Pub in Fleurdal en Joubert het daar gewerk.

Meer oor:  Leon Van Der Wath  |  Teruggetrek  |  Aanklagte  |  Crimen Injuria
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.