Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Saak teen Rohde se eksminnares weer uitgestel

Die gewese minnares van die veroordeelde moordenaar Jason Rohde se crimen injuria-saak is Dinsdag weer in die landdroshof in Kaapstad uitgestel.

Jolene Alterskye se regsverteenwoordiger, William Booth, het met haar laaste hofverskyning om uitstel gevra sodat hulle vertoë aan die kantoor van die direkteur van openbare vervolgings in die Wes-Kaap kon rig. Booth het Dinsdag aan die hof gesê die vertoë is nog nie gestuur nie en het weer om uitstel gevra om dit te doen.

Alterskye word van crimen injuria aangekla weens die aanmerkings wat sy op sosiale media gemaak het oor onder andere die regter wat Rohde in Februarie verlede jaar tot 20 jaar gevangenisstraf gevonnis het. Sy het teenoor regter Gayaat Salie-Hlophe, die nasionale vervolgingsgesag en die ondersoekbeamptes in die saak uitgevaar.

Rohde is vroeër skuldig bevind aan die moord op sy vrou, Susan, op die Spier-wynlandgoed buite Stellenbosch. Hy is in Desember verlede jaar met streng voorwaardes op borgtog vrygelaat nadat die appèlhof in Bloemfontein vroeër toestemming gegee het dat hy teen sy vonnis mag appelleer.

Die saak is tot 15 April uitgestel.

Meer oor:  Jason Rohde  |  Jolene Alterskye  |  Crimen Injuria
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.