Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Saak teen sportafrigter uitgestel

Die verhoor van Collan Rex (22), ’n voormalige sportafrigter van die Parktown Boys’ High in Johannesburg, kon Woensdag nie hervat word nie omdat die hof se tussenganger ’n ander saak gehad het om by te woon.

Rex staan in die Johannesburgse hooggeregshof, wat in Palm Ridge sit, op altesaam 183 aanklagte tereg.

Collan Rex verberg Woensdag sy gesig by die hof in Palm Ridge waar die saak teen hom uitgestel is. Foto: Isabel Venter

Dinsdag het die eerste drie leerlinge van die 22 beweerde slagoffers teen Rex begin getuig.

Volgens hul getuienis sou Rex gereeld aan hul en medeleerlinge se geslagsdele vat en nie los alvorens “hulle gefluit het nie”.

Twee van die leerlinge het ook getuig dat hulle by verskeie geleenthede gesien het hoe Rex gemaak het of hy seks het met die leerlinge, op die skoolbus, by die koshuis en tydens skooltoere.

Een het ook getuig dat Rex pornografie aan hom gewys het. Dit was glo die fliek Fifty Shades of Grey.

Die leerlinge mag nie geïdentifiseer word nie en moet ook in die hof getuig deur middel van ’n tussenganger omdat hulle minderjarig is.

Collan Rex, ’n voormalige sportafrigter by Parktown Boys’ High School, staan tereg op 183 aanklagte wat verband hou met die beweerde seksuele aanranding van leerlinge. Foto: Isabel Venter

’n Tussenganger is ’n maatskaplike werker wat spesifiek opgelei is om minderjariges se getuienis in die hof te lei. Dit word gedoen om hulle geestelike spanning en ongerief te verminder deurdat ’n slagoffer nie in die hofsaal verskyn waar die vermeende oortreder sit nie.

Die slagoffers gee hulle antwoorde aan die tussenganger wat dit aan die hof oordra deur middel van ’n videostelsel.

Rex se saak is uitgestel na Donderdag.

Rex is in 2017 in hegtenis geneem nadat hy glo op ’n veiligheidskamera betrap is toe hy na bewering aan ’n 15-jarige leerling se geslagsdele gevat het.

Hy is op borgtog van R3 000 vrygelaat en is op 327 aanklagte wat onder meer insluit poging tot moord en seksuele aanranding vervolg.

Hy het reeds skuld beken op 144 van dié aanklagte en staan nou tereg op die oorblywende aanklagte.

Intussen het Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, gesê hy sal Donderdag leerlinge en ouers van Parktown Boys’ High School toespreek.

Meer oor:  Collan Rex  |  Johannesburg  |  Seksuele Aanranding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.