Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Saak teen ‘sterfbed-jaer’ laat vaar
Arnold Tembo (70)Foto: Verskaf

Die saak teen ’n 70-jarige man wat weens roekelose en nalatige bestuur in hegtenis geneem is toe hy op pad was om sy vrou op haar sterfbed te gaan groet, is “om humanitêre redes” teruggetrek.

Eric Ntabazalila, Wes-Kaapse woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), het Woensdag gesê die saak teen Arnold Tembo van Heideveld in Kaapstad is laat vaar.

Tembo is verlede Woensdag in hegtenis geneem en drie uur lank in ’n polisiesel aangehou. Hy het hom na die Lentegeur-hospitaal gehaas om Joan (74), sy vrou van 36 jaar, te groet.

Hy het haar ’n maand voor haar dood laas gesien toe sy in die hospitaal opgeneem is.

Volgens Maxine Bezuidenhout, woordvoerder van die Kaapse metro se verkeersdienste, het Tembo oor rooi ligte gery en amper in ander voertuie vasgery in sy haas om by die hospitaal te kom.

Toe hy uiteindelik uit die selle by die Manenberg-polisiekantoor vrygelaat is, was Joan reeds dood.

Hy moes op 7 April in die landdroshof in Athlone verskyn.

Tembo sê die hele ervaring het hom “diep getref”.

“Ons het gister my vroutjie ter ruste gelê. Die polisie het my op die dag dat ons haar begrawe het, ingelig die klag is teruggetrek.”

Dit verander vir hom niks dat die saak teruggetrek is nie.

“Ek wil met die twee verkeersbeamptes praat wat my so mishandel het. Ek wil vir hulle sê hulle het nie ’n passie vir mense nie en hulle buit hul gesag uit.”

Hy blameer hulle daarvoor dat hy beroof is van die kans om in haar laaste oomblikke by sy vrou te wees.

Ek wil met die twee verkeersbeamptes praat wat my so mishandel het. Ek wil vir hulle sê hulle het nie ’n passie vir mense nie en hulle buit hul gesag uit.

“Ek het by hulle gepleit. Hulle het my egter soos ’n misdadiger laat voel voor die groot skare mense wat die inhegtenisneming aanskou het.”

Hy sê hy beplan om ’n klag teen die twee verkeersbeamptes in te dien.

“Ek mis my vrou elke dag. Ek mis haar passie, haar liefde en ek sal nie weer ’n vrou vat nie.”

Meer oor:  Arnold Tembo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.