Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Saak teen vermoorde ma se seun uitgestel

Die saak teen ’n man van Goodwood wat vermoedelik sy ma vermoor het, is Vrydag in die landdroshof in Goodwood tot 5 September uitgestel.

Lance Robert Thomas (32), bly tot dan in aanhouding.

Edwina Thomas se seun, Lance Robert Thomas, is vir haar moord in hegtenis geneem. Foto: Facebook

Thomas en nog ’n man is Dinsdagaand in verband met die moord op sy ma, Edwina Thomas (51), in hegtenis geneem.

Die saak teen die ander man is Vrydag teruggetrek. ’n Bron het Donderdag gesê die man was op die verkeerde tyd op die verkeerde plek.

Edwina, ’n sakeontleder wat meer as 30 jaar by Woolworths gewerk het, is vermoedelik verwurg.

Haar lyk is Dinsdagaand in ’n kamer van die woonstel wat sy in die agterplaas van haar Cookstraat-huis bewoon het, deur die polisie en ’n familielid gevind. Haar familie het haar vroeër die dag as vermis aangemeld. Haar lyk is glo onder ’n duvet in haar woonstel gekry.

Edwina het die woonstel laat aanbou sodat Thomas en sy gesin in die hoofhuis kon woon. Sy het toe na die woonstel getrek.

Haar seun is Dinsdagaand ure nadat haar lyk gevind is, in Elsiesrivier deur die polisie in hegtenis geneem. Hy is ook in besit van haar grys Hyundai Elantra gevind.

Bronne het Dinsdag gesê dat Thomas onlangs uit die tronk vrygelaat is.

Edwina is vermoedelik reeds Maandag vermoor.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê Edwina is Maandag in die vroeë oggendure laas lewend gesien.

Daar is glo gesien hoe haar motor Maandag by haar motorhuis uitry. Luidens ’n bron het ’n ander familielid glo aan die polisie gesê hulle het gedink dit is Thomas self wat gery het.

Die bron sê egter Thomas sou nie self kon bestuur nie omdat sy onlangs ’n rugoperasie gehad het en sy met siekteverlof by die huis was.

’n Hardeskyf van kringtelevisiekameras op die erf is glo ook in Thomas se besit gevind.

Meer oor:  Goodwood  |  Moord  |  Hofsaak  |  Uitgestel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.