Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Saak teen voormalige Aurora-boekhouer uitgestel

’n Boekhouer wat daarvan beskuldig word dat hy sowat R1,9 miljoen by ’n rehabilitasiesentrum vir gestremde pasiënte gesteel het, is van voorneme om skuld te beken.

Johannes Willem Gieselbach (44), voormalige boekhouer van die Aurora- gespesialiseerde sorgsentrum, staan in die handelshof in Port Elizabeth op 168 aanklagte van diefstal tereg. Die staat beweer hy het die diefstal tussen Januarie 2016 en 25 Junie 2019 gepleeg.

Gieselbach sou Donderdag by wyse van sy prokureur, Ryno Scholtz, ’n pleitooreenkoms ingevolge art. 105a van die Strafproseswet indien, maar het dit nie gedoen nie.

Dié pleitooreenkoms sou dat die staat en die verdediging vooraf oor sekere aspekte soos die moontlike vonnis ooreenkom. Die landdros sou hom ingevolge die ooreenkoms moes vonnis.

Tydens Gieselbach se verskyning is daar egter besluit om eerder ’n gewone pleitooreenkoms ingevolge art. 112 in te handig, wat beteken die staat en die verdediging los die straf in die hof se hande.

Scholtz het die hof versoek om die saak uit te stel sodat hy sy kliënt se pleitverduideliking kan voorberei, en Gieselbach moet weer op 19 Februarie in die hof verskyn. Sy borgtog van R2 000 is verleng.

Luidens die klagstaat was ’n deel van Gieselbach se werk om namens die hospitaal betalings aan krediteure en diensverskaffers te doen. Die betalings moes deur twee mense goedgekeur word, waarvan Gieselbach een was.

Die klagstaat lui dat Gieselbach die betalings op ’n bank-app gelaai en ’n afskrif daarvan en fakture aan Riesl Fick, die hospitaalbestuurder, verskaf het.

Fick sou dan die betalings verifieer voordat sy dit op die app goedkeur.

Vir die finale oorbetaling het Gieselbach goedkeuring op sy rekenaar gedoen, maar hy het blykbaar kort nadat Fick dit goedgekeur het die diensverskaffers en krediteure se bankrekenings met sy eie spaarrekening se besonderhede vervang.

Luidens die klagstaat is een van die grootste bedrae geld van die maatskappy Compass Medical Waste Services.

Die Aurora-sorgsentrum is ’n geregistreerde organisasie sonder winsbejag wat na 135 kinders en volwassenes omsien. Dit is afhanklik van skenking en die ondersteuning van sakeondernemings en die gemeenskap.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.