Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Saak teen Willem Breytenbach dan in streekhof

Willem Breytenbach (55) sal sy eerste verskyning in die streekhof in Kaapstad op 27 Augustus maak.

Die saak van seksuele en onsedelike aanranding teen dié sakeman, oudonderwyser en voormalige Media24-bestuurder is Woensdag finaal in sy afwesigheid in die landdroshof in Kaapstad na die streekhof oorgeplaas.

Die staat en Breytenbach se regsverteenwoordiger het ingevolge die staat van inperking gereël dat hy nie na die hof hoef te kom nie.

Daar is tans ses aanklagte van onsedelike aanranding en een van seksuele aanranding teen hom. Nog aanklagte kan egter bygevoeg word.

Willem Breytenbach met een van sy verskynings in die landdroshof in Kaapstad. Foto: Jaco Marais

Die aanvanklike aanklag van onsedelike aanranding spruit uit ’n beweerde voorval in 1997. Die klaer in die voorval was toe 16 jaar oud en nog op skool.

Die aanklag van seksuele aanranding spruit uit ’n beweerde voorval in 2017. Die klaer was ten tyde van die voorval ’n volwasse man.

Die aanklag van onsedelike aanranding word as sodanig beskryf omdat die beweerde daad plaasgevind het voor 2007, toe die Kinderwet aangepas is. As dit ná 2007 gebeur het, sou dit as verkragting beskryf kon word.

Drie van die nuwe aanklagte spruit uit die tydperk toe hy ’n onderwyser aan Grey-kollege in Bloemfontein en aan ’n skool in Riversdal in die Suid-Kaap was. Dié klaers was ten tyde van die beweerde voorvalle almal minderjarige seuns.

Speurders van die Wes-Kaapse eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele oortredings (GKS) het Breytenbach op Dinsdag 3 Desember 2019 in sy sielkundige se spreekkamer in Hartenbos in die Suid-Kaap in hegtenis geneem.

Hy is daarna na Kaapstad geneem en het in die landdroshof in die stad op twee voorlopige aanklagte van onsedelike aanranding verskyn. Hy is toe op borgtog van R50 000 vrygelaat.

Meer oor:  Willem Breytenbach  |  Kaapstad  |  Streekhof  |  Inperking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.