Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Saak uitgestel teen SR-lid van Kovsies wat glo aanhits
Orefile Sefika, SR-lid vir tesourie aan die UV se Bloemfontein-kampus. Foto: Facebook/Orefile Orieo Sefika

Die saak teen ’n Kovsie-studenteraadslid wat vandeesweek vir die beweerde aanhitsing van openbare geweld aangekeer is, is Woensdag met sowat drie weke uitgestel.

Die 23-jarige Orefile Oreratile Sefika, SR-lid vir tesourie op die Universiteit van die Vrystaat se Bloemfontein-kampus, het Woensdag in die landdroshof verskyn en die saak is vir verdere ondersoek tot 13 Augustus uitgestel.

Sefika is Dinsdag in hegtenis geneem nadat hy mense glo op WhatsApp aangemoedig het om die Mimosa Mall of die Loch Logan-waterfrontsentrum in Bloemfontein te plunder, sê Phaladi Shuping, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG).

’n Skermgreep van ’n boodskap op wat oënskynlik ’n WhatsApp-groep vir die EFF se studentebeweging (EFFSC) aan die UV is, is verlede week versprei.

“Vegters, wat is die strategie? Mimosa of die waterfront eerste? Diegene in Bloemfontein,” het Sefika glo geskryf.

Die boodskap het te midde van die grootskaalse onluste en plundering in KwaZulu-Natal en Gauteng die ronde gedoen.

Bloemfontein en die res van die provinsie het egter nie onder plunderaars deurgeloop nie.

Volgens Shuping is Sefika Dinsdag op waarskuwing vrygelaat en beveel om Woensdag weer in die hof te wees.

Volgens berigte is op sy selfoon beslag gelê.

Patience Dibate, ook ’n EFF-lid, het op Facebook oor die uitstel van Sefika se saak geskryf: “Kom ons gaan in getalle en wys die krag van die rooi see. Ons sal nie toelaat dat Orieo ’n slagoffer van ’n gebrekkige regstelsel en interne struwelinge in die ANC word nie.”

Dibate sê sy kan nie glo dat die Valke staatshulpbronne op ’n blote student as gevolg van ’n skermgreep “vermors” nie.

Lacea Loader, UV-woordvoerder, het by navraag gesê die bestuur is bewus van Sefika se saak. Sy sê hy is een van die studente wat weens studentebetogings in April op die kampus deur dissiplinêre optrede in die gesig gestaar word.

Meer oor:  Aanhitsing  |  Orefile Oreratile Sefika  |  Kovsies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.