Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Sakeliga verwelkom uitspraak oor ‘apartheidswet’

Die sakeorganisasie Sakeliga het die uitspraak van die Grondwethof Vrydag dat betreding ’n misdaad bly, verwelkom.

Dit volg op die EFF-leier Julius Malema en sy party se aansoek dat dele van die Wet op Oproerige Byeenkomste geskrap moet word. Malema het aangevoer dat die wet van die apartheidsera dateer en nie meer in die wetboek hoort nie.

Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, sê dat Malema en die EFF agter die vaandel van vryheid van spraak wou wegkruip om van die aanspreeklikheid vir kriminele oortredings te ontsnap.

Volgens Le Roux is deel van die saak ’n poging deur Malema om vervolging vry te spring op verskeie aanklagte dat hy sy volgelinge tot betreding en die onwettige besetting van grond aangehits het.

“Hierdie uitspraak steek ’n stokkie daarvoor en ondersteun die kantoor van die nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV) in sy vermoë om te vervolg. Die uitspraak versterk ook die regsorde, verbeter die sakeomgewing, en is in die openbare belang. Dit is bevredigend om as vriend van die hof in die Grondwethof ’n rol daarin te kon speel.”

Meer oor:  Sakeliga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.