Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Sakeman 4de keer saam amptenare in hof vir bedrog

Die vierde Vrystaatse munisipale bestuurder het Maandag in die hof verskyn in verband met beweerde bedrieglike betalings vir veiligheidsdienste wat ’n bepaalde maatskappy glo nooit aan hul onderskeie munisipaliteite gelewer het nie.

Tefo Montsitsi (51), direkteur van die maatskappy Zero Tolerance Security, het saam met die munisipale bestuurder van die Nala-munisipaliteit, Christopher Mokomela (53), in Bothaville in die hof verskyn.

Zero Tolerance word ook as maatskappy aangekla.

Montsitsi is ook in Junie vanjaar saam met Simon Mqwathi, munisipale bestuurder van die Moqhaka-munisipaliteit, en Busa Molatseli, munisipale bestuurder van die Dihlabeng-munisipaliteit, van bedrog aangekla.

Voor dit is hy in Desember 2018 aangekla dat hy saam met senior amptenare van die Maluti-a-Phofung-munisipaliteit bedrog gepleeg het.

Die geld is nie in die maatskappy se bankrekening inbetaal nie, maar in Montsitsi se persoonlike rekening.

Mokoana Robert Tsupa, voormalige munisipale bestuurder van dié munisipaliteit, word ook saam met Montsitsi aangekla.

Al die klagte spruit uit veiligheidsdienste wat Montsitsi en sy maatskappy aan die onderskeie munisipaliteite sou lewer.

Phaladi Shuping, woordvoerder van die direktoraat vir openbare vervolging, sê Mokomela en Montsitsi word van bedrog aangekla.

Mokomela word ook van oortredings van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur aangekla.

Volgens die klagstaat het Montsitsi fakture ingedien wat deur Mokomela goedgekeur en betaal is vir dienste wat nooit gelewer is nie.

Die geld is nie in die maatskappy se bankrekening inbetaal nie, maar in Montsitsi se persoonlike rekening.

Shuping sê die munisipaliteit kon ook nie ’n aanstellingsbrief toon om te bewys dat daar ’n ooreenkoms gesluit was om aan die munisipaliteit dienste te lewer nie.

Volgens Shuping is R206 000 se bedrog gepleeg.

In die ondersoeke in Dihlabeng en Moqhaka is R35 miljoen ter sprake terwyl die staat beweer Montsitsi en sy medebeskuldigdes het in Maluti-a-Phofung bedrog ten bedrae van R4,6 miljoen gepleeg.

Die mans is in Bothaville op borgtog van R5 000 elk vrygelaat. Die staat het nie borgtog teengestaan nie

Hulle mag nie met enige staatsgetuies kontak maak nie en moes hul paspoorte inhandig.

Nico Naudé van Nico Naudé-prokureurs het vir Mokomela opgetree.

Hulle moet weer op 5 Februarie in die hof verskyn.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.