Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Sakeman in hof oor beweerde belastingbedrog

’n Sakeman van Bethlehem wat Jan Taks glo deur belastingontduiking uit meer as R13 miljoen bedrieg het, is Dinsdag in die landdroshof in dié dorp op borgtog van R3 000 vrygelaat.

Mabuseng Joseph Morebudi (47) is Dinsdag op verskeie aanklagte van bedrog aangekeer. Hy het die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) na bewering tussen 2011 en 2016 uit sowat R13,3 miljoen bedrieg.

Volgens kapt. Christopher Singo, woordvoerder van die Valke in die Vrystaat, het Morebudi nie in daardie tydperk sy lopende inkomstebelasting en sy werknemers se belastingopgawes by die SAID ingedien nie.

Morebudi se verhoor is tot 11 Augustus uitgestel. Hy moet ook voor sy volgende verskyning ’n regsverteenwoordiger aanstel.

Meer oor:  Bedrog  |  Hofverskyning  |  Sakeman
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.