Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Sakeman met lyfwagte by hof

Die Pakistani wat daarvan beskuldig word dat hy twee “eiendombesetters” doodgeskiet het, is Woensdag met sy verskyning in die landdroshof in Pretoria deur frisgeboude lyfwagte vergesel.

Mohamad Sajid Khan (43) is in Pakistan gebore, maar sedert 2001 ’n Suid-Afrikaanse burger.

Hy het reeds met sy borgtogaansoek vroeër die maand gesê dat hy en sy gesin sal verhuis en dat hy ’n private maatskappy sal aanstel om hulle te beveilig, juis omdat een van die ondersoekbeampte se vrese was dat die woedende gemeenskap eie reg sal gebruik.

Intussen is dieselfde eiendom glo weer aangeval en met petrolbomme bestook.

Khan word daarvan beskuldig dat hy op 1 Februarie vir Kabelo Matlata en Avela Mbengu vermoor het. Hy word ook van poging tot moord aangekla.

Hy voer aan dat hy gedurende die voorval uit selfverdediging opgetree het toe ’n groep “aggressiewe” mans een van sy persele “beset” het.

Hy het in sy borgtogaansoekverklaring gesê dat hy daardie dag deur ’n huurder gevra is om na die perseel in Pretoria-Wes te kom, omdat ’n groep genaamd die Concerned Tshwane Residents Group aangedring het om die eienaar te spreek.

Dit is glo die vierde eiendom van Khan wat so “beset” is.

By die perseel aangekom, het die groep glo geëis dat hy sy titelaktes vir die eiendom vir hulle wys. Volgens die groep is hy ’n “onwettige immigrant” wat die eiendom gesteel het.

Die gemoedere het opgevlam en die “besetters” het glo handgemeen geraak en vuurwapens op Khan gerig. Hy het sy eie vuurwapen uitgehaal en skote gevuur.

Ons het verwag dat die emosies dalk sou opvlam rondom my kliënt se volgende hofverskyning en mnr. Khan het intussen veiligheidswagte by daardie perseel aangestel om sy eiendom en die huurder te beskerm.

Hy is daarna direk na die polisiekantoor toe om die voorval aan te meld.

Landdros Thandi Theledi het hom vroeër op borgtog van R10 000 vrygelaat en in haar uitspraak die gemeenskap tereggewys: “Dit is onseker in watter hoedanigheid, of watter jurisdiksie daardie groep gehad het om na iemand anders se perseel te gaan en sy titelakte te eis.”

Kahn se prokureur, Emile Viviers, het Woensdag, nadat die saak uitgestel is, gesê ondanks die landdros se woorde destyds, het lede van die gemeenskap, vermoedelik ook van die Concerned Tshwane Residents Group, weer die naweek by dieselfde perseel opgedaag.

“Ons het verwag dat die emosies dalk sou opvlam rondom my kliënt se volgende hofverskyning en mnr. Khan het intussen veiligheidswagte by daardie perseel aangestel om sy eiendom en die huurder te beskerm,” het Viviers verduidelik.

Dit blyk dat die groep die wagte gedreig het dat hulle die perseel aan die brand sal steek.

“Hulle het aan die een wag gesê dat hulle ’n vergadering met – volgens die groep – lede van die ANC en EFF gaan hou, en dan gaan terugkom, want hulle soek steeds die papiere dat die eiendom aan mnr. Khan behoort.

“Die groep het, na wat verneem word, aan die wagte gesê daar is ’n behuisingsnood in Pretoria-Wes en, omdat foreigners alles opgekoop het, het die locals nie blyplek nie,” het Viviers bygevoeg.

Die afgelope Sondagaand is petrolbomme na die perseel en die geboue geslinger.

“Daar is nie groot skade aangerig nie, maar ons het die voorval by die polisie aangemeld en die ondersoekbeampte ingelig van die dreigemente teen my kliënt,” het die prokureur gesê.

Meer oor:  Mohamad Sajid Khan  |  Besetters
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.