Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Sakeman van Modimolle 15 jaar tronk toe vir diefstal

’n Sakeman van Limpopo is tot 15 jaar regstreekse tronkstraf gevonnis nadat hy honderdduisende rande gesteel het.

William Johannes Basson (33), wat ’n direkteur van Bio Chem Agri-landboumaatskappy in Modimolle was, is Woensdag in die streekhof in Mokopane tot 15 jaar gevangenisstraf gevonnis.

Lt.kol. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke in Limpopo, sê Basson is skuldig bevind aan 32 klagte van diefstal.

Basson het op 16 Oktober verlede jaar ’n bestelling vir chemiese landbouprodukte ter waarde van R632 000 gekry vanaf ’n maatskappy in Roedtan in Limpopo.

Die kliënt het die R632 000 betaal voordat die produkte afgelewer is.

Daar was ’n ooreenkoms oor wanneer die goedere afgelewer moet word, maar dit is nooit deur Basson nagekom nie.

Nkwalase sê Basson het verskeie verskonings gegee oor hoekom die produkte nie afgelewer is nie. Hy het later soos ’n groot speld verdwyn.

Die maatskappy in Roedtan het die voorval by die polisie aangemeld en die saak is verder deur die Valke ondersoek.

Die Valke het Basson op 7 Desember in hegtenis geneem.

Hy was sedertdien in aanhouding nadat hy borgtog geweier is.

Nkwalase het gesê Basson is tot 15 jaar regstreekse tronkstraf gevonnis, sonder die opsie om ’n boete te betaal.

Meer oor:  Limpopo  |  Sakeman  |  Diefstal  |  Vonnis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.