Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Sakevrou in hof vir Covid-bedrog van R4,8 m.

'n Sakevrou van die Oos-Kaap wat glo 'n distriksmunisipaliteit uit miljoene rande bedrieg het, is Donderdag deur die polisie se spesiale ondersoekeenheid, die Valke, in hegtenis geneem.

Pumza Gambula (48) het kort daarna in die landdroshof in Mthatha in die Oos-Kaap verskyn en is op borgtog van R20 000 vrygelaat.

Gambula, eienaar van die maatskappy, Phathilizwi Training Institute, word daarvan beskuldig dat sy twee betalings van onderskeidelik R3 miljoen en R1,8 miljoen van die O.R. Tambo-distriksmunisipaliteit geëis het vir 'n bewusmakingsveldtog oor die koronavirus in landelike gebiede.

Pumla Gambula
Pumza Gambula Donderdag by die hof. Foto: Valke
Pumla Gambula
Die Valke het Pumza Gambula Donderdagoggend in Mthatha in hegtenis geneem. Foto: Valke

Haar inhegtenisneming kom ná ’n ondersoek van drie maande nadat vermoedens ontstaan het dat bedrieglike dokumente ingedien is vir ’n deur-tot-deur-veldtog wat glo gedoen is.

Netwerk24 het in Julie berig oor twee fakture wat op sosiale media versprei word waarin onderskeidelik sowat R3 miljoen en R1,8 miljoen van die O.R. Tambo-distriksmunisipaliteit geëis word vir dienste gelewer as deel van die veldtog.

Die dienste is glo in onder meer die Port St. Johns-, King Sabata Dalindyebo- en Mhlontlo- plaaslike munisipaliteit gelewer.

In daardie stadium het Oscar Mabuyane, premier, die veldtog reeds as “baie verdag” bestempel en versoek dat die spesiale ondersoekeenheid vasstel of die fakture eg is en of enige dienste gelewer is.

Pumla Gambula
Pumza Gambula word van bedrog aangekla. Foto: Valke

LEES DIE BERIG HIER.

Sithembiso Mabasa, DA-voorsitter van die O.R. Tambo-streek, het vroeër aan Netwerk24 gesê die bywoningsregisters wat saam met die fakture ingehandig is, blyk vals te wees aangesien van die name op die lys op die betrokke datum uitstedig was toe hulle “besoek” is.

Gambula en haar maatskappy word van bedrog van meer as R4,8 miljoen aangekla.

Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, sê die moontlikheid van verdere inhegtenisnemings word nie uitgesluit nie.

Meer oor:  Polisie  |  Valke  |  Mthatha  |  Oos-Kaap  |  Covid-19-Bedrog  |  Covid-19  |  Bedrog  |  Koronavirus  |  Covid-19-Korrupsie  |  Korona  |  Korrupsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.