Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
SAL-vlieënier verskyn in hof oor lisensie
William ChandlerFoto: Facebook

’n Voormalige senior vlieënier van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) is in hegtenis geneem nadat hy vir langer as 20 jaar met ’n vervalste lisensie kommersiële vliegtuie gevlieg het.

Die lugdiens het William Chandler vroeër vanjaar gevra om te bedank.

Brig. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, sê Chandler het Maandag in die landdroshof in Kempton Park verskyn. Hy is op borgtog van R5 000 vrygelaat.

Naidoo sê Chandler se regsverteenwoordigers het hom by die O.R. Tambo-lughawe in Johannesburg aan die polisie oorhandig.

Die saak is vir verdere ondersoek tot 15 Mei uitgestel.

Mail & Gaurdian het vroeër berig die SAL het bevind sy lugdiensvervoer-vlieglisensie is vervals.

Die lugdiens het ’n klag van bedrog teen hom ingedien.

Onreëlmatigheid rakende die lisensie het in November verlede jaar aan die lig gekom tydens ’n vlug na Duitsland toe ’n voorval op ’n Airbus A340-600 ondersoek is.

Die personeel op vlug SA260 na Frankfurt is ondersoek nadat daar ’n lugsteurnis tydens die vlug was.


Meer oor:  Sal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.