Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Sans Souci: Saak teen onnie laat vaar

Die hof het Vrydag ’n klag van aanranding teen die Afrikaans-juffrou, wat vroeër vanjaar ’n gr. 9-leerling geklap het, laat vaar.

Clarissa Venter (34) en die leerling van Sans Souci Girls High in Kaapstad het klagte van aanranding teen mekaar by die Claremont-polisie ingedien nadat ’n video van waar die kind die juffrou met ’n lessenaar stamp en sy die kind deur die gesig klap op sosiale media versprei is.

Clarissa VenterFoto: Facebook

Netwerk24 het van ’n bron ná aan die saak verneem albei partye was Vrydagoggend in die Wynberg-landdroshof vir ’n mediasieproses, maar dit het nooit plaasgevind nie.

Die hof het die leerling volgens die bron beveel om gemeenskapsdiens doen.

Na wat verneem word, is die saak teen Venter weens ’n gebrek aan voldoende getuienis laat vaar.

Venter het Vrydagaand alle navrae na haar prokureur, William Booth, verwys, maar oproepe en boodskappe na Booth het onbeantwoord gebly.

Netwerk24 het voorheen berig Venter het by monde van Booth gesê sy het die aanrandingsklag aanhangig gemaak omdat “die leerling die oorsaak van die rusie was”.

Volgens Booth het die leerling vir Venter tot ’n uiterste mate uitgelok en was haar optrede die oorsaak van die rusie wat daartoe gelei het dat Venter die leerling in die klaskamer geklap het.

Yolisa Nocanda, voorsitter van die kamer vir regstudente en die leerling se woordvoerder, wou Vrydagaand nie kommentaar lewer nie omdat hy geen kennis van die jongste inligting gedra het nie.

Oproepe na die leerling se ma het onbeantwoord gebly.

Die leerling se ma het egter voorheen ’n eis by die gelykheidshof in Wynberg ingedien, waar sy glo beweer die voorval het gebeur weens rassisme. Die leerling eis R150 000. Dié saak moet nog op die hofrol geplaas word.

Meer oor:  Sans Souci Girls High  |  Clarissa Venter  |  Hof  |  Onderwys  |  Klapvoorval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.