Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Sara King se waterdood ’n ongeluk

Niemand kan verantwoordelik gehou word vir die dood van ’n Britse vrou wat verlede jaar verdrink het nadat die seiljag waarop sy was in ’n stormsee aan die Wildekus gesink het nie.

Sara King Foto: Facebook

Sara King het op 1 Julie verlede jaar verdrink – ironies genoeg minute nadat die bemanning van ’n vragskip op die toneel opgedaag het en reeds besig was om King en haar twee medeseiljagvaarders te probeer red.

’n Geregtelike doodsondersoek het nou haar vriende en die bemanning van die vragskip wat hulle gered het, onthef van enige blaam vir die gebeure wat gelei het tot haar dood.

Die 34-jarige King was saam met haar kêrel, James Elsworth (toe 33), en sy beste vriend, Jason Baker (32), bemanningslede op die katamaran Danzig ten tyde van die tragedie. Hulle het twee dae tevore uit Oos-Londen vertrek op pad na Madagaskar, vanwaar hulle na die Suidsee-eilande sou vaar. King, ’n mariene bioloog, sou daar navorsing doen oor oseaanbesoedeling in samewerking met die Universiteit van Birmingham.

In ’n video-opname wat sy op sosiale media gedeel het kort voordat hulle in die moeilikheid geraak het, sê King: “Die wind waai – die seile is gespan. Die deinings laat jou skree: Wildekus; jou wonderlike ongedierte.”

King het gereeld boodskappe op sosiale media geplaas en mense aangemoedig om hul vaart op die internetblad FindShip te volg.

Haar pa, Tim, was een van die mense wat hul vordering angstig vanuit sy huis in Wiltshire in die Verenigde Koninkryk dopgehou het. Sy plan was om sy dogter later daardie jaar in Fidji te ontmoet.

Die wind waai – die seile is gespan.

Sowat 200 seemyl (370 km) uit Oos-Londen het hy skielik opgemerk dat die Danzig nie meer ’n sein uitstuur nie.

Hy het dadelik die Suid-Afrikaanse maritieme owerhede gekontak, wat op hul beurt die Maltese vragskip Raraka versoek het om na die gebied uit te wyk waar die Danzig laas gesien is.

In ’n verklaring wat voor die ondersoek gedien het, sê Elsworth dat die Raraka hulle per radio gekontak het om te verneem of alles in orde was. Hy het geantwoord dat ’n storm ’n gat in die romp geslaan het en dat hulle water inneem.

Binne sigafstand van die Raraka het Elsworth besluit dat King, Baker en die hond Dax op ’n klein rubberbootjie na die Raraka moes vaar.

Die rooi reddingsbootjie waarop King, Baker en Dax was toe dit in die woeste see omgeslaan het.

Elsworth sou op die katamaran agtergebly en probeer om die gat in die romp te herstel.

Elsworth sê hy het gesien hoe die bemanning van die vragskip ’n touleer laat sak vir die drenkelinge, maar op pad na die skip het ’n golf die rubberboot getref en King, Baker en Dax het in die water beland.

“Hulle het in die woeste see van die boot geval en daar was komplikasies om hulle uit die water te help,” skryf Elsworth en voeg by dat sy meisie “verdrink het, terwyl sy gehelp was”.

Elsworth het daarna besluit om die Danzig aan sy eie lot oor te laat en is ook deur die Raraka gered.

Toe hy op die dek kom, het hy gesien hoe bemanningslede probeer om King se lewe te red, maar sonder sukses. Hy, Baker en Dax het egter die tragedie oorleef.

Die Raraka het toe na Durban gevaar, waar die drie aan land gegaan het.

Meer oor:  Verdrinking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.