Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Sassa: Bathabile hoor vandag of sy moet opdok

Die konstitusionele hof in Johannesburg sal Donderdag sê of Bathabile Dlamini, die voormalige minister van maatskaplike ontwikkeling, persoonlik verantwoordelik gehou moet word vir haar hantering van verlede jaar se debakel rondom die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) se uitbetaling van toelae.

Die hof sal na verwagting uitspraak lewer oor koste en bepaal wat Dlamini se rol en verantwoordelikheid was in die daarstelling en funksionering van die werkstrome, soos uiteengesit in verklarings wat deur die betrokke partye by die hof ingedien is.

Bathabile Dlamini Foto: Lindile Mbontsi

Die saak is deur die nieregeringsorganisasies Black Sash en Freedom Under Law aanhangig gemaak en sloer al jare.

In 2014 het die hof gelas die kontrak wat Sassa twee jaar terug met die private maatskappy Cash Paymaster Services (CPS) gesluit het, is onwettig.

Sassa is daarna weer hof toe, want hy was bekommerd dat hy nie sy toelae sou kon betaal nie omdat die Suid-Afrikaanse Poskantoor (Sapo), wat daarna vir die verspreiding van toelae verantwoordelik was, nie kontantbetalings kon hanteer nie.

Sowat 2,8 miljoen begunstigdes – sowat 25% – kry hul toelae in kontant.

Die konstitusionele hof het CPS se kontrak vroeër vanjaar met ses maande verleng om die begunstigdes te betaal.

Dlamini en die destydse waarnemende hoof van Sassa, Pearl Bhengu, moes verduidelik waarom hulle nie in hul persoonlike hoedanighede vir die dringende aansoek se regskoste moes pa-staan nie.

Die konstitusionele hof het verlede maand gelas dat Sassa en Bhengu (in haar amptelike hoedanigheid, nie persoonlik nie) wel verantwoordelik is vir regskoste vir hul aansoek om die kontrak met CPS te verleng.

Die hof het toe bevind dat Dlamini nie te kwader trou opgetree het nie.

Meer oor:  Bathabile Dlamini  |  Sassa  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.