Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Sassa: CPS loop nog ’n bloutjie in hof

Cash Paymaster Services (CPS) moet steeds die R316 miljoen oorbetaal wat hy aan die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) verskuldig is, het die konstitusionele hof Vrydag beslis.

Dié hof het Vrydag CPS aansoek tot verlof om teen ’n 2018-hofbeslissing te appelleer van die hand gewys.

Die hooggeregshof het in 2018 gelas dat CPS die geld, wat in 2014 aan Sassa betaal is om begunstigdes vir maatskaplike toelaes te registreer, terugbetaal.

Die konstitusionele hof het in 2017 CPS se hele kontrak met Sassa vir die uitbetaling van die maatskaplike toelaes ongeldig verklaar.

Die parlement het vroeër ook gehoor dat CPS tot R200 miljoen per maand aan administrasiegeld verdien het sedert hy in 2012 aangestel is om maatskaplike toelaes uit te betaal.

Die hof het Vrydag bevind dat CPS se appél geen vooruitsig van sukses toon nie en dat die saak ook nie as ’n konstitusionele kwessie kwalifiseer nie.

Teenkorrupsie-organisasie pak CPS

Sassa het in 2014 geld aan CPS oorbetaal nadat CPS beweer het daar is meer mense wat toelaes moet ontvang as wat hul kontrak met Sassa getoon het.

Die teenkorrupsie-organisasie Corruption Watch het die saak in 2015 voor die hooggeregshof in Pretoria gebring.

Dié onwettige betalings was nie per toeval nie.

David Lewis, uitvoerende direkteur van Corruption Watch, sê hulle is bly oor die konstitusionele hof se besluit.

“Terwyl ons natuurlik bly is oor die beslissing en nou verwag dat CPS onmiddellik die geld aan Sassa terugbetaal, sal die werklike storie van die CPS/Sassa-situasie nooit vertel word voor die owerhede die verhouding tussen Sassa-lede, die departement van maatskaplike ontwikkeling en die CPS-bestuur ondersoek nie.

“Dié onwettige betalings was nie per toeval nie.”

Lewis hoop die betrokke owerhede sal nou ondersoek instel. Die organisasie het ’n beroep op die direktoraat vir prioriteitsmisdade (die Valke) gedoen om die saak te “heropen en te ondersoek en om geregtigheid te bring”.

Herman Kotzé, hoof- uitvoerende beampte van CPS, sê hulle is teleurgesteld in die hofuitspraak.

NEWS24: https://www.news24.com/SouthAfrica/News/concourt-orders-cps-to-pay-back-r318m-to-sassa-20200214

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.