Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Satanistiese ‘Church of Evil’ beheer glo Bloem-bendes

Die sogenaamde Church of Evil beheer verskeie bendes wat ’n skrikbewind onder inwoners van Bloemfontein en die omliggende dele voer, het die hooggeregshof in die stad gehoor.

Die sluier oor bendebedrywighede in Mangaung is effens gelig toe ao. Kobus Lombard in die moordverhoor van 13 lede van die Born to Kill’s (BTK’s) getuig het.

Die tatoeëermerke wat verskeie bendes in Bloemfontein gebruik.

Hulle ontken voor waarnemende regter Ilse van Rhyn dat hulle Lefa Soaisa (19), Vuyani Makhapela (16) en Mojalefa Frans (17), almal lede van die Maromas, op 30 Januarie 2017 by die Lemo-winkelsentrum in Bloemfontein, doodgesteek het.

Lombard sê The Church of Evil beoefen duiwelaanbidding wat spruit uit Westerse satanisme en heksery uit Afrika.

Dié “kerk” beheer die berugte 666-bende. Die 666-bende se “geestelike leiers”, “konings”, “prinse” en “prinsesse” bestuur die bedrywighede van die BTK’s en Natural Born Killers (NBK).

Lede van die BTK-bende tree as die “geldmakers” van die hele groepering op en die NBK’s as die “militêre mag”.

Lombard sê hy glo nie die beskuldigdes weet wie die persoon in beheer is wat die toutjies trek en hieruit voordeel trek nie.

“Die hoofdoel van die misdaadbendes is om chaos te saai en om Satan te aanbid.”

Lombard sê die groepe het onwettige burgers van Lesotho begin teiken. Daarna het die onwettige burgers die Maroma-bende gestig om hulself te beskerm.

Die 666-, BTK- en NBK-bende gebruik tatoeëermerke om inligting oor hul oortredings te vertoon of aan te dui aan watter bende hulle behoort of watter range hulle beklee.

Die tatoeëermerk van ’n kopbeen word aan ’n bendelid toegeken wat ’n sluipmoord op ’n spesifieke teiken uitgevoer het.

Lede met ’n agtpotige spinnekop is “prinse”, terwyl lede tatoeëermerke van biddende hande dra as hulle mense in The Church of Evil “gedoop” het, sê Lombard.

Adv. Antoinette Ferreira tree vir die staat op.

Adv. Vasiliki Patrinos en die prokureur Joseph Kgoelenya tree vir die beskuldigdes op.

Meer oor:  Church Of Evil  |  Bloemfontein  |  Bendes  |  Hooggeregshof  |  Satanisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.