Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Satanistiese priesteres vra Deen glo om haar te besny

’n Satanistiese priesteres met ’n jare lange droom om haar klitoris te besny, het Peter Frederiksen (65) se belangstelling in dié prosedure geprikkel, blyk uit getuienis in sy verhoor in die hooggeregshof in Bloemfontein.

Dié vrou, wat hy in ’n sado-masochistiese klub in Kopenhagen ontmoet het, was die eerste een op wie hy só ’n operasie uitgevoer het. Sy het hom gevra om dit aan haar te doen.

Hellen Maj Salling in die getuiebank van die hooggeregshof in Bloemfontein. Foto: ALZANE NARRAIN

Helle Maj Salling, ’n Deense vryskutjoernalis wat in Kaapstad woon, het voor regter Johann Daffue hieroor getuig oor ’n onderhoud wat sy met Frederiksen in Bloemfontein gevoer het. Hy wou hê sy moet ’n boek oor hom skryf.

Hy is destyds saam met die satansaanbidder na haar huis en sy het goed aan hom verduidelik waaraan hy nie voorheen gedink het nie.

Nadat hy by die berugte Deense chirurg J?rn Ege gehoor het hoe só ’n operasie werk, het hy dit op die 40-jarige priesteres gedoen. Agterna was sy tevrede en het gesê: “Kyk hoe goed lyk ek nou.”

Later in Lesotho het ’n vrou wat dié vroulike besnydenisse doen, hom gevra om haar te kom help.

Salling het Frederiksen se dagboeke uit Deens in Engels vertaal. Daaruit blyk hy het die besnydenisse aangeteken. Sy vermoorde vrou, Tshidi Molise (28), se geslagsdeel is daarvolgens verskeie kere gesny.

Marius Bruwer, Frederiksen se prokureur, het aan Salling gestel dat Molise vier keer gesny is.

Uit die uittreksels blyk dit ook hy het ’n negejarige meisie van Lesotho betas en verkrag.

’n Vrou wat vir Frederiksen gewerk het, het getuig sy het ’n video gemaak van hoe hy haar vriendin in sy meenthuis in Langenhovenpark in Bloemfontein besny.

Peter Frederiksen gesels met sy regsverteenwoordiger, Marius Bruwer. Foto: ALZANE NARRAIN

Hy het haar ook genader om dit met haar te doen. Sy was te bang. Een aand het sy in Frederiksen se meenthuis geslaap toe hy by haar in die bed klim. Terwyl hulle seks gehad het, het sy seuntjie ingekom. Hulle het toe opgehou.

Sy het getuig Frederiksen het haar vriendin R2 500 betaal om haar klitoris te sny. Hy het haar ’n paar weke tevore ook soveel aangebied.

Frederiksen ontken skuld op 58 aanklagte, waarvan sommige is dat hy dié soort operasie onwettig gedoen het.

Adv. Amanda Bester kla aan.

Meer oor:  Droom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.