Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
‘SEB-maatskappy’ in hof oor mynkontrakte

Die verhoor van die eienaars van ’n konstruksiemaatskappy wat na bewering oor hul SEB-status gejok het om kontrakte van miljoene rande van ’n diamantmyn in Koffiefontein in die Vrystaat te kry, is Woensdag in die streekhof in Bloemfontein tot Junie uitgestel.

Die vlugtige verskyning van Maria Masimala (56) en Justin Peter Wessels (37), mede-eienaars van Fenya Civil and Electrical Projects, Woensdag voor streeklanddros Collin Nekosie spruit uit kontrakte van meer as R64 miljoen wat hulle glo tussen 2014 en 2018 met die Koffiefontein-diamantmyn gesluit het.

Masimala en Wessels staan elk tereg op twee aanklagte van die oortreding van die SEB-wet, wat daarop neerkom dat hulle oneerlik was oor hul SEB-status, asook op ’n aanklag van bedrog.

Die staat beweer die maatskappy het in Februarie 2017 vir ’n ondergrondse projek van sowat R21,8 miljoen by die myn aansoek gedoen. In die verkrygingsproses het hulle glo aangedui dat hulle ’n klein tot middelslagonderneming is, en die kontrak is aan hulle toegeken.

Hulle het ook aangedui dat hul maatskappy plaaslik is en deur ’n swart vrou besit word.

Hulle het op die verskaffers-registrasie aangedui dat Masimala ’n 45%-aandeel in die maatskappy het en dat die hele bestuur swart is.

Met verdere ondersoek het dit egter aan die lig gekom dat Fenya Civil and Electrical Projects nie in die Koffiefontein-omgewing bedryf word nie en daarom nie as ’n plaaslike diensverskaffer kwalifiseer nie.

Hulle kan ook nie hulself ’n klein tot middelslagonderneming noem nie omdat hul omset meer as R10 miljoen per jaar is en hulle meer as 100 werkers in diens het.

Vier van die vyf bestuurslede is wit.

Volgens die klagstaat is daar ook vasgestel hoewel Masimala ’n meerderheidsaandeelhouer is, het sy geen rol in die maatskappy nie en word sy minder as die ander direkteure en senior bestuurslede betaal.

Die myn het tussen 2014 en 2018 kontrakte van meer as R64 miljoen aan Fenya Civil and Electrical Projects weens hul SEB-status toegeken.

Meer oor:  Seb  |  Justin Peter Wessels  |  Maria Masimala  |  Mynkontrakte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.