Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Seesig-moord: Hof beslis moontlik oor psigiatriese waarneming

Waarskuwing: Die inhoud van hierdie berig is grafies en kan sommige lesers ontstel.

Gaan Kyle Ruiters (21), Lynette Volschenk (32) se vermeende moordenaar, vir psigiatriese waarneming verwys word?

Dit is een van die vrae wat die hof hopelik Donderdag met Ruiters se verskyning in die landdroshof in Bellville gaan beantwoord.

Ruiters staan in die hof tereg op aanklagte van moord.

Hy word daarvan aangekla dat hy Volschenk in die Seesig-woonstelgebou in Loevenstein, Bellville, vermoor het.

Kyle Ruiters tydens sy hofverskyning op 29 Augustus. Foto: Jaco Marais

Hy het Volschenk, wat op die tiende verdieping van die woonstelgebou gewoon het, na bewering op Woensdag 21 Augustus in haar woonstel vermoor, haar lyk vermoedelik met ’n ystersaag en mes opgesaag, dit in swartsakke versteek en die volgende dag glo daarvan ontslae probeer raak.

Sy is glo reeds omstreeks 17:00 vermoor.

Hy is die volgende dag, Donderdag 22 Augustus, deur die polisie vir die moord in hegtenis geneem.

Die polisie het hom aangekeer waar hy glo besig was om Volschenk se bloedbesmeerde woonstel skoon te maak.

Lynette Volschenk

Ruiters het saam met sy tannie, adv. Theresa Ruiters, op die negende vloer van dieselfde woonstelgebou gewoon.

Netwerk24 het vroeër berig dat Ruiters die dag nadat hy Volschenk glo vermoor het, glo van haar opgesaagde liggaamsdele in ’n blou koelhouer met ’n wit deksel van haar woonstel gedra het na die woonstel wat hy met sy tannie gedeel het.

Die ystersaag het hy glo die vorige dag by ’n hardewarewinkel in Boston, Bellville, gekoop.

Die winkel se bestuur het in Augustus bevestig hy was die oggend van 21 Augustus glo daar en dat hy ’n ystersaag gekoop het. Dit was glo die eerste keer dat hy daar was.

Die staat het met sy verskyning op 2 September aangevoer Ruiters het die moord beplan.

Clifford Moatlhodi, staatsaanklaer, het toe aan die hof gesê die DNS-verslag, die lykskouingsverslag, sowel as foto’s van die misdaadtoneel en ander forensiese bewyse, is nog uitstaande. Die DNS-verslag kan tot drie maande neem om voltooi te word.

Die Seesig-woonstelblok in Allenweg, Bellville. Foto: Adrian de Kock

Meer oor:  Belville  |  Kaapstad  |  Moord  |  Hof  |  Seesig-Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.