Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Seesig-moord: Psigiatriese verslag nog nie gereed
Kyle Ruiters met een van sy vorige hofverskynings. Foto: Jaco Marais

Die vermeende Seesig-moordenaar, Kyle Ruiters, sal nog ’n maand in die Valkenberg Psigiatriese Hospitaal in Kaapstad moet bly.

Ruiters word daarvan beskuldig dat hy Lynette Volschenk in 2019 in haar woonstel in Seesig in Loevenstein, Bellville vermoor het.

Die hof het Vrydag gehoor dat ’n psigiatriese verslag oor Ruiters se toerekeningsvatbaarheid om verhoor te word nog nie gereed is nie. Die persoon wat Ruiters moes evalueer, is glo siek.

’n Distriksgeneesheer het hom in Junie verlede jaar sielkundig beoordeel en bevind dat hy toerekeningsvatbaar is en sy verhoor kan voortgaan. Die verdediging het egter met ’n daaropvolgende hofverskyning daarop aangedring dat die hof hom vir psigiatriese waarneming verwys.

Die hof het in Augustus verlede jaar dié aansoek van Ruiters se regspan bekragtig en hy is op 1 Desember vir psigiatriese waarneming verwys.

’n Bed was toe egter nie vir Ruiters in die hospitaal beskikbaar nie. Bronne het toe gesê daar is ’n waglys van tussen tien tot 12 maande vir ’n bed in die hospitaal.

Ruiters, wat voorlopig op aanklagte van moord en regsverydeling teregstaan, word daarvan beskuldig dat hy Volschenk op 21 Augustus 2019 in haar woonstel vermoor en daarna onthoof het. Sy is met ’n skerp voorwerp doodgesteek.

Ruiters het ten tyde van die voorval by adv. Theresa Ruiters, sy tante, in ’n woonstel in dieselfde woonstelgebou gewoon.

Indien psigiaters van die hospitaal hom ook toerekeningsvatbaar bevind, sal sy verhoor moontlik eers in 2022 in die hooggeregshof in Kaapstad begin. Hy bly in

aanhouding.

Die saak is tot 15 Februarie uitgestel.

Meer oor:  Lynette Volschenk  |  Seesig-Moord  |  Kyle Ruiters
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.