Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Seesig-moord: Ruiters kán verhoor word, wys verslag

Die vermeende Seesig-moordenaar, Kyle Ruiters, kan verhoor word.

Kyle Ruiters met ’n hofverskyning in Desember. Foto: Jaco Marais

Die hof het Maandag gehoor dat hy toerekeningsvatbaar is. Ruiters het in die landdroshof in Bellville verskyn en die saak is ook vir verhoor na die hooggeregshof in Kaapstad geskuif.

Die volledige akte van beskuldiging is ook Maandag op hom bedien.

Luidens die nuwe klagstaat staan Ruiters tereg op aanklagte van moord, lykskending, diefstal, regsverydeling en die besit van vervalste geld.

Die polisie het sowat R10 000 se vervalste note in die woonstel waar hy saam met sy tannie, adv. Theresa Ruiters, in die Seesig-woonstelblok in Loevenstein, Bellville, gewoon het, gevind.

Lynette Volschenk Foto: Argief

Nagenoeg 60 mense is op die getuielys.

Ruiters word daarvan beskuldig dat hy Lynette Volschenk op 21 Augustus 2019 in haar woonstel in dieselfde woonstelgebou vermoor en daarna onthoof het. Sy is met ’n skerp voorwerp doodgesteek.

Ruiters is op 1 Desember 2020 vir psigiatriese waarneming verwys. Die psigiatriese verslag is Maandag by die hof ingedien.

’n Distriksgeneesheer het hom reeds in Junie 2020 sielkundige beoordeel en bevind dat hy toerekeningsvatbaar is en dat sy verhoor kan voortgaan.

Sy prokureur het egter met ’n daaropvolgende hofverskyning daarop aangedring dat die hof hom vir psigiatriese waarneming verwys.

Die hof het in Augustus dié aansoek van Ruiters se regspan bekragtig en hy is op 1 Desember vir psigiatriese waarneming verwys.

Die saak is tot 23 April 2021 vir ’n voorverhoor uitgestel. Die verhoor is geskeduleer van 1 November tot 2 Desember.

Meer oor:  Lynette Volschenk  |  Kyle Ruiters  |  Bellville  |  Loevenstein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.