Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Seesig-moord: ‘Teragreep data om deur te werk’

Daar is sowat ’n teragreep se data waardeur die regspanne in die sogenaamde Seesig-moordsaak moet werk, dus is die saak teen die beskuldigde, Kyle Ruiters (21), Vrydagoggend in die Bellville-landdroshof uitgestel tot 20 Maart.

Kyle Ruiters tydens ’n vorige verskyning in die landdroshof in Bellville. Foto: Jaco Marais

Ruiters word daarvan aangekla dat hy in Augustus verlede jaar vir Lynette Volschenk in haar woonstel in die Seesig-woonstelkompleks in Loevenstein, Bellville vermoor het.

Howard Andrews, Ruiters se regsverteenwoordiger, het aan die hof gesê hulle het verskriklik baie elektroniese data waardeur hulle moet werk.

“Dit is sowat ’n terabyte se data.”

Hy het nie daarop uitgebrei nie.

Andrews het gesê die verdediging en die staat het ooreengekom dat die saak asook die volgende hofdatum uitgestel word.

Die hof het ook gehoor Ruiters is op die punt om ’n advokaat aan te stel wat hom tydens sy verhoor gaan verteenwoordig.

“Dit gaan dan ook vir die advokaat nodig wees om deur al die inligting te gaan om op hoogte te kom en dan om natuurlik ook die kliënt te konsulteer,” het Andrews gesê.

Lynette Volschenk Foto: Facebook

Ruiters word daarvan aangekla dat hy Volschenk op 21 Augustus in haar woonstel vermoor het en haar daarna onthoof het.

Sy is met ’n skerp voorwerp doodgesteek.

Ruiters het by sy tannie, adv. Theresa Ruiters, in dieselfde woonstelkompleks gewoon.

Hy bly tot sy volgende verskyning in aanhouding.

Meer oor:  Lynette Volschenk  |  Kyle Ruiters  |  Kaapstad  |  Belville  |  Hof  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.