Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Seks-tandarts se saak weer uitgestel

Die vonnisverrigtinge van ’n tandarts van George wat skuldig bevind is op aanklag dat hy in 2015 ’n 13-jarige seun seksueel betas het, is Dinsdag tot 10 en 11 Oktober uitgestel.

Dr. Ian Venter, wie se naam reeds in die register van seksoortreders opgeneem is, se prokureur, John Gillespie, het Dinsdag in die hof gesê ’n verslag van ’n maatskaplike werker wat die verdediging aangevra het, sal waarskynlik eers teen 3 Oktober gereed wees omdat die maatskaplike werker baie besig is. Dié persoon moet nog met mense in Polokwane, Pretoria en Stellenbosch praat.

Streeklanddros Francis Makamandela het gesê dit is onaanvaarbaar en het gevra Gillespie moet die werker kontak.

Dr. Ian Venter vroeër buite die hof in Thembalethu. Foto: Jackie Kruger

Dit is gedoen en daar is ooreengekom dat die verslag voor einde September gereed sal wees.

Gillespie het egter gesê sy dogter trou op 22 September en hy sal tien dae lank nie beskikbaar wees nie. Sodra die verslag gereed is, sal dit aan die staat en Makamandela besorg word.

Makamandela het benadruk dat die saak finaal uitgestel word tot 10 en 11 Oktober. “Die verrigtinge sal voortgaan, met of sonder die verslag,” het sy gesê.

Venter is in 2014 tot vier jaar korrektiewe toesig gevonnis nadat hy skuldig bevind is daaraan dat hy in 2011 in sy huurhuis in Victoriabaai seks met ’n 15-jarige seun gehad het. Hy het ook pornografie aan die seun gewys. Sy naam is toe in die nasionale register van seksoortreders opgeneem.

In 2015 is Venter weer in hegtenis geneem en daarvan aangekla dat hy ’n 13-jarige seun seksueel betas het toe die kind in sy huis in Heroldsbaai oorgeslaap het. Hy is op 11 April vanjaar in die streekhof in George op dié aanklag skuldig bevind.

Luidens hofstukke het Venter gesê hy gaan die seun aan sy geslagsdeel knyp as hy die braaivleis opmors. Later het almal gaan slaap. Venter het die seun aangesê om in ’n spesifieke kamer te slaap, waar hy hom later betas het.

Meer oor:  George  |  Hofsaak  |  Uitgestel  |  Tandarts
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.