Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Seksklagte teen Breytenbach tot Julie uitgestel

Die saak van seksuele en onsedelike aanranding teen Willem Breytenbach (55), sakeman, oudonderwyser en voormalige Media24-bestuurder, gaan in die streekhof in Kaapstad aangehoor word.

Die saak teen Breytenbach is Vrydag in sy afwesigheid in die landdroshof in Kaapstad tot 29 Julie uitgestel.

Die staat en Breytenbach se regsverteenwoordiger het ingevolge die staat van inperking gereël dat hy nie na die hof hoef te kom nie.

Willem Breytenbach toe hy die tweede keer in die landdroshof in Kaapstad verskyn het. Foto: Jaco Marais

Daar is tans ses aanklagte van onsedelike aanranding en een van seksuele aanranding teen hom. Nog aanklagte kan egter nog bygevoeg word.

Die aanvanklike aanklag van onsedelike aanranding spruit uit ’n beweerde voorval in 1997. Die klaer in die voorval was toe 16 jaar oud en nog op skool.

Die aanklag van seksuele aanranding spruit uit ’n beweerde voorval in 2017. Die klaer was ten tyde van die voorval ’n volwasse man.

Die aanklag van onsedelike aanranding word as sodanig beskryf omdat die beweerde daad plaasgevind het voor 2007, toe die Kinderwet aangepas is. As dit ná 2007

gebeur het, sou dit as verkragting beskryf kon word.

Drie van die nuwe aanklagte spruit uit die tydperk toe hy ’n onderwyser by Grey-kollege in Bloemfontein en ook by ’n skool in Riversdal in die Suid-Kaap was. Dié klaers was almal ten tyde van die beweerde voorvalle minderjarige seuns.

Speurders verbonde aan die Wes-Kaapse eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele oortredings (GKS), het Breytenbach op Dinsdag 3 Desember 2019 by sy sielkundige se spreekkamer in Hartenbos in die Suid-Kaap in hegtenis geneem.

Hy is daarna na Kaapstad geneem en het in die landdroshof in die stad op twee voorlopige aanklagte van onsedelike aanranding verskyn. Hy is toe op borgtog van R50 000 vrygelaat.

Meer oor:  Willem Breytenbach  |  Kaapstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.