Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Seksoortreder van George op parool vrygelaat

Ná twee jaar en vier maande in die tronk is ’n tandarts van George, wat ’n minderjarige seun betas het, op parool vrygelaat.

Dr. Ian Venter (48), die pa van twee minderjarige kinders, is op 28 Februarie 2019 in die plaaslike streekhof tot drie jaar tronkstraf gevonnis.

Ian venter
Ian Venter

Candice van Reenen, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, sê Venter is Maandag op parool vrygelaat.

Volgens haar het hy op 22 Januarie voor die paroolraad verskyn nadat hy die minimum tydperk van sy gevangenisstraf (naamlik twee derdes) uitgedien het.

Ian Venter
Venter in 2018 in die hof. Foto: WMACA

“Die paroolraad het toestemming gegee dat die slagoffer deel van die proses kan word,” sê Van Reenen.

Daarna het Venter weer in Mei voor die paroolraad verskyn, waarop parool aan hom toegestaan is.

“Hy is op 14 Junie vrygelaat en mag geen kontak met die slagoffer of sy gesin hê nie.”

Soos vroeër berig, was Venter se naam in daardie stadium (2019) reeds in die register vir seksoortreders vir ’n vorige oortreding in 2011 toe hy in sy destydse huurhuis in Victoriabaai seks met ’n 15-jarige seun gehad het.

Hy is in 2014 tot vier jaar korrektiewe toesig gevonnis.

In 2015 is hy weer in hegtenis geneem op ’n aanklag dat hy ’n 13-jarige seun in sy huurhuis in Heroldsbaai betas het.

Hy is op 11 April 2018 op dié aanklag skuldig bevind.

Streeklanddros Francis Makamandela het in Februarie 2019 bevind dat Venter onbevoeg is om met kinders te werk.

Sy het gelas dat ’n maatskaplike werker aangestel word om ondersoek in te stel of sy twee minderjarige kinders sorg benodig. Sy kinders moet kontak met hom behou.

Hy is ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit. Dit kon egter nie bevestig word of Venter steeds as ’n tandarts geregistreer is en as een mag werk nie.

Meer oor:  George  |  Tandarts  |  Seksuele Aanranding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.