Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Sement-moord: Seun borgtog geweier

Een van die hoofredes waarom Robert Davie (54) in die landdroshof in Brakpan borgtog geweier is, is “’n skulderkenning van ’n sinlose moord”.

Davie en ’n 17-jarige word daarvan aangekla dat hulle Davie se ma, Loraine Davie (80), op 4 Junie vermoor en haar lyk in ’n drom met sement gegooi het.

Davie het kort ná die moord ’n bekentenis voor die polisie afgelê, maar die inhoud daarvan is nog nie bekend nie.

Robert Davie loer oor sy skouer met sy vorige hofverskyning. Foto: Felix Dlangamandla

Luidens ’n verklaring het konst. Lloyd Mlangeni, die ondersoekbeampte, Donderdag in Davie se borgtogaansoek aangevoer dat hy ’n vlugrisiko is omdat hy familie oorsee het en boonop probeer het om sy medebeskuldigde te beïnvloed.

Die minderjarige is in die toesig van sy ouers vrygelaat. Volgens kapt. Pearl van Staad, die Brakpan-polisiekantoor se woordvoerder, beweer die ouers dat Davie uit die tronk kontak met hul kind maak, soos Mlangeni ook getuig het.

“Die beskuldigde het ook nie ’n vaste adres nie aangesien hy saam met sy ma in haar huis gewoon het.”

Robert Davie stap met sy vorige verskyning koponderstebo na die aanhoudingselle. Foto: Arisa Janse van Rensburg

Mlangeni het voorts daarop gewys dat die moord gepleeg is in ’n tyd waarin daar ’n vlaag van geweld teen vroue en kinders in die land is.

Landdros Collen Mashego het om dié redes borgtog geweier.

Davie se borgtogaansoek het op 24 Junie begin toe gevra is dat sy mediese verslae by sy huis gehaal moet word.

Die aansoek is Woensdag hervat, maar is uitgestel toe hy sy regsverteenwoordiger, adv. Tiyani Ngobeni, afgedank het.

Ngobeni het Donderdag egter steeds vir Davie opgetree en gesê “sy kliënt voel veilig in die tronk”.

Die saak is tot Augustus uitgestel om ’n verhoordatum vas te stel.

Meer oor:  Robert Davie  |  Brakpan  |  Hof  |  Misdaad  |  Borgtog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.