Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Senekal-oproer: 2 vlugtig in hof
SJ Fourie tydens sy eerste hofverskyning op 19 Oktober. Foto: Alet van der Walt

André Pienaar (51) en SJ Jourie (33) het Vrydag vlugtig in die hof op Senekal verskyn vir hul beweerde aandeel in die bestorming van die hofgebou op die einste dorp vroeg in Oktober.

Hulle verhoor is tot 1 Maart uitgestel vir verdere ondersoek. Al twee mans bly in Senekal en sal nou saam verhoor word.

Die mans word van poging tot moord, aanranding, openbare geweldpleging en brandstigting aangekla.

’n Paar duisend mense het op 6 Oktober op Senekal byeengekom om teen plaasmoorde te betoog, waar die vermeende moordenaars van Brendin Horner (22) sou verskyn. Horner is op 1 Oktober by ’n plaashek in die Paul Roux-distrik ingewag en vermoor.

Pienaar het die skare toegespreek en was aan die voorpunt van ’n groep mense wat kort daarna die hofgebou bestorm het.

Die groep het ’n pad oopgedwing na die aanhoudingselle, op soek na die vermeende moordenaars, wat toe nie meer daar was nie. Die staat beweer hulle het van die aangehoudenes aangerand en ook die selle aan die brand probeer steek.

Pienaar is op 7 Oktober in hegtenis geneem en Fourie op 16 Oktober. Pienaar is aanvanklik borgtog geweier en het op 19 Oktober in die hooggeregshof in Bloemfontein borgtog van R15 000 gekry.

Fourie, wat in die landdroshof op Senekal verskyn het, is op dieselfde dag op dieselfde voorwaardes as Pienaar vrygelaat.

André Pienaar en sy vrou, Talitha, kort nadat hy op borgtog vrygelaat is. Foto: Verskaf

Meer oor:  André Pienaar  |  Brendin Horner  |  Senekal  |  Oproer  |  Plaasmoord  |  Betoging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.