Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Senekal: Pienaar naweek steeds agter tralies

Die man wat glo ’n groep mense aangehits het om die landdroskantoor in Senekal te bestorm, gaan die naweek steeds agter tralies deurbring.

Regter Celéste Reinders het uitspraak voorbehou in die borgtog-appèl van André Pienaar (51), wat onder meer van openbare geweld, poging tot moord en aanhitsing aangekla word.

Reinders sal Maandag uitspraak lewer in Pienaar se appèl teen ’n bevinding van ’n landdros in Senekal wat sy borgtogaansoek geweier het.

Adv. Jacques Potgieter, namens Pienaar, het die bevindinge van landdros Buti Mlangeni erg gekritiseer en gesê die landdros het bevindings van skuld op blote spekulasie gemaak.

Adv. Jacques Potgieter bestudeer hofdokumente voor die aansoek van die borgtog-appèl. Foto: Kaydene Davids

Dit is byna komies dat feitlik alles wat ten gunste van Pienaar voor Mlangeni geplaas is, omgedraai en teen hom gebruik is.

Hy het gesê Mlangeni het bevind dat Pienaar nie ’n vlugrisiko is nie en die staat het dit ook toegegee.

Pienaar het ook geen voorneme om met enige van die staatsgetuies in te meng nie.

Adv. Johan Roothman, wat die appèl namens die staat teengestaan het, sê Pienaar het ’n beroep op die skare buite die hof gedoen om hom te help weens die moord op Brendin Horner, jong plaasvoorman van Paul Roux wat wreed vermoor is.

Kort daarna het hy en talle ander voor die ingang van die landdroshof vergader.

Roothman het betoog dit is duidelik uit videomateriaal dat hulle deur die polisie voorgekeer is en ’n mens kan Pienaar hoor sê: “Dan moet julle almal van ons arresteer.”

Hy het gesê Pienaar het nie geaarsel om op ’n gewelddadige wyse teenoor ’n vroulike polisiebeampte op te tree nie.

Dit is genoeg om te bewys dat hy geneigdheid tot geweld het. Die staat het ’n verklaring van haar dat sy gewurg is.

Dan moet julle almal van ons arresteer.

Pienaar het geen respek vir die reg of vir ’n vrou nie.

Hy het verder betoog dat die staat oor ’n getuieverklaring beskik dat Pienaar in die omgewing was waar ’n polisievoertuig buite die hof uitgebrand is.

Roothman sê dit is so dat emosies hoog geloop het en hy het simpatie met Pienaar, maar deur sy dade het chaos en geweld uitgebreek en hy het ander aangehits.

Boendoe-geweld kan nie geregverdig word nie.

Potgieter het in opdrag van Adriaan Janse van Rensburg van Bloemfontein en Ilani Oberholzer van Senekal opgetree.

Meer oor:  Senekal  |  André Pienaar  |  Brendin Horner  |  Plaasaanvalle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.