Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Senekal-'voorbok' kry borgtog

Die hooggeregshof in Bloemfontein het Maandagoggend borgtog toegestaan aan André Pienaar (51), die sogenaamde "voorbok" toe boere-ondersteuners die landdroshof in Senekal in die Oos-Vrystaat op 6 Oktober bestorm het.

Hy is verlede week borgtog geweier en ’n appèlsaak vir borgtog is daarna in die hooggeregshof aangehoor.

Regter Celéste Reinders het vanoggend uitspraak gelewer en Pienaar is op borgtog van R15 000 vrygelaat.

Pienaar word onder meer van openbare geweld, poging tot moord en aanhitsing aangekla.

André Pienaar praat op die saamtrek in Senekal op 6 Oktober. Foto: Mlungisi Louw

Op die klagstaat staan ook ’n klag van terrorisme. Die staat het egter ’n sertifikaat van die nasionale direkteur van openbare vervolging nodig vir so ’n klag. Hulle sou wel met die klag kon voortgaan indien so ’n sertifikaat bekom word.

Regter Reinders het in haar uitspraak gesê Pienaar het bewys dat hy nie 'n vlugrisiko is en dit nie in die belang van geregtigheid is dat hy in aanhouding moet bly nie.

Intussen verskyn ’n 33-jarige sakeman van Senekal vanoggend in die plaaslike landdroshof weens die voorval op 6 Oktober.

Volgens brig. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, word die man aangekla van openbare geweld, brandstigting, opsetlike saakbeskadiging en poging tot moord.

Die man, ’n pa wat saam met sy vrou en jong kinders op die dorp woon, se gesig is na bewering deur middel van kringtelevisiekameras by die hof uitgeken. 

Sy naam word weerhou totdat hy in die hof verskyn het.

Hy is Vrydag in hegtenis geneem. 

Die polisie beweer Pienaar en ander mense het die landdroskantoor bestorm waar die vermeende moordenaars van Brendin Horner (22), ’n plaasvoorman van Paul Roux, die eerste keer verskyn het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.