Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Sersant skuldig aan moord op sy vrou

’n Polisiesersant is Dinsdag in die hooggeregshof in Port Elizabeth daaraan skuldig bevind dat hy die meesterbrein agter sy vrou, ’n polisiekonstabel, se moord was.

Van links is Mlungisi Tsitsi, Thembani Rorwana, Msindisi Bhebhula, Ndiphe Soqokomashe, Sicelo Mbanga en Ayanda Nyumka. Die mans is skuldig bevind aan die moord op Tsitsi se vrou, Nomathamsanqa (Ivy) Mtwesi. Foto: Lulama Zenzile

Mlungisi Tsitsi het saam met Thembani Rorwana, Msindisi Bhebhula, Ndiphe Soqokomashe, Sicelo Mbanga en Ayanda Nyumka op aanklag van sameswering om ’n moord te pleeg, moord en die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie tereggestaan.

Die staat het beweer Tsitsi het Soqokomashe genader om sy vervreemde vrou, Nomathamsanqa (Ivy) Mtwesi, te laat vermoor omdat sy ’n verhouding met ’n ander man gehad het.

Mtwesi is voor haar huis in Motherwell doodgeskiet nadat sy die oggend van 12 November 2015 ná haar nagskof by die Zwide-polisiekantoor tuisgekom het.

Al die mans is deur regter Irma Schoeman skuldig bevind aan moord, maar onskuldig op aanklag van die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie. Tsitsi en Soqokomashe is ook skuldig bevind aan sameswering om ’n moord te pleeg.

Schoeman het in haar uitspraak gesê die staat het bewys dat Tsitsi vir Soqokomashe genader het met die versoek om sy vrou te laat vermoor. Soqokomashe het op sy beurt die ander se hulp ingewin om die moord uit te voer, het die hof bevind.

Volgens Schoeman het die mans se selfoonrekords (wat deur die staatsaanklaer as getuienis gebruik is) die prentjie geskets van hoe hulle met mekaar in kontak was gedurende die beplanning van die moord, die uitvoering daarvan en daarna toe hulle betaling daarvoor moes ontvang.

Tsitsi het een van Soqokomashe se selfone gebruik en nie gedink dit sal hom impliseer nie. Die selfoon en die SIM-kaart is nooit ná die moord opgespoor nie.

Dit het gedurende die verhoor aan die lig gekom dat Tsitsi vir Soqokomashe tussen R8 000 en R10 000 vir sy dienste betaal het.

Dit het gedurende die verhoor aan die lig gekom dat Tsitsi vir Soqokomashe tussen R8 000 en R10 000 vir sy dienste betaal het.

Schoeman het Tsitsi se verduideliking, dat hy as polisiebeampte nooit te make gehad het met sake waarin mans hul vroue laat vermoor nie, verwerp.

“Die oorledene is vermoor vyf maande ná Jayde Panayiotou, wie se man (Christopher) een van haar moordenaars is. Die saak het die nasionale nuus gehaal, so hy kan as speurder in Port Elizabeth nie sê hy het nie kennis daarvan gedra nie.”Die mans bly in aanhouding en moet weer Donderdag in die hof verskyn.

Adv. Marius Stander is die staatsaanklaer.

Meer oor:  Motherwell  |  Port Elizabeth  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.