Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Ses kry lewenslank vir plaasmoorde

Ses mans wat in April 2016 ’n gesin koelbloedig op ’n plaas in die Gluckstadt-omgewing naby Vryheid aangerand en twee familielede gedurende die aanval doodgeskiet het, is elkeen twee lewenslange tronkstrafvonnisse opgelê.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het Maandag in ’n verklaring gesê dat die mans Vrydag in die Vryheid-hooggeregshof gevonnis is nadat hulle skuldig bevind is op twee aanklagte van moord, poging tot moord, roof, aanranding met die doel om ernstig te beseer, twee aanklagte van ontvoering asook die besit van onwettige vuurwapens.

Zwane het gesê dat sewe gewapende verdagtes die Van Rooyen-familie op 19 April by hul plaashuis naby Gluckstadt aangeval het.

“Hulle het losgebrand en Billy van Rooyen (37) doodgeskiet. Sy pa, Lodewyk van Rooyen (76), is gewond en sy ma, Karlien van Rooyen, is nie tydens die skietery beseer nie. Ronnie Lombard (62) is ook gewond en het later aan sy beserings in die hospitaal beswyk,” het Zwane gesê.

Die beskuldigdes het met kontant van die toneel gevlug.

Die ses – Meizeni Joseph Shezi, Lindokuhle Zulu (beide 35), Gcinimali Dladla (40), Themba Mhlanga (28), Mondli Nkosi en Mngcineni Gazu (29) – is almal skuldig bevind van moord.

Zwane het gesê die sewende beskuldigde is reeds in 2017 twee lewenslange vonnisse opgelê nadat hy skuld beken het en in November 2017 in die Madadeni-hooggeregshof skuldig bevind is.

Meer oor:  Vryheid  |  Vonnisoplegging  |  Lewenslange Tronkstraf  |  Plaasmoorde  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.