Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Ses wat hulle as Valke voordoen in hof oor ontvoering

Ses verdagtes wat daarvan beskuldig word dat hulle hulself as lede van die Valke voorgedoen het om iemand te ontvoer, het Dinsdag in die landdroshof in Alexandra op klagte van ontvoering en afpersing verskyn. Twee van dié verdagtes is polisielede.

Sers. Joseph William Mashele (45), konst. Norman Vhudikana Maisha (41), Kgoroba Frans Pookgadi (48), Lesiba Maake (34), Mpho Shadrack Sasebula (33) en Ronald Phaswane Kgasago (32) is Donderdag in Johannesburg in hegtenis geneem.

Die Valke het in ’n verklaring gesê hulle het ’n wenk ontvang dat iemand ontvoer is deur mense wat hulself voorgedoen het as lede van die Valke wat na die slagoffer van ’n geldwasskema soek. ’n Bedrag van R2 miljoen is geëis om die ontvoerde vry te laat.

Die publiek moet ook kennis neem dat wetstoepassingsbeamptes nie enige betaling nodig het om hul werk te doen nie of geregtigheid moet laat ontspoor deur enige gunste te ontvang nie.

Regte lede van die Valke se misdaadondersoekeenheid na ernstige korrupsie in Gauteng het op die verdagtes toegeslaan.

Mashele, Maisha en Maake is borgtog van R3 000 elk toegestaan. Sasebula, Pookgadi en Kgasago bly in aanhouding omdat ’n ondersoek na ’n huisrooftog in 2016 waarby hulle betrek word, voortduur.

Die saak is na 6 April uitgestel.

Lt.genl. Godfrey Lebeya, hoof van die Valke, het sy lede in ’n verklaring geloof vir hul uitstekende werk en gewaarsku dat die Valke daadwerklik sal optree teen diegene wat die eenheid se beeld probeer skade berokken.

“Die publiek moet ook kennis neem dat wetstoepassingsbeamptes nie enige betaling nodig het om hul werk te doen nie of geregtigheid moet laat ontspoor deur enige gunste te ontvang nie,” sê hy.

Meer oor:  Bedrog  |  Hof  |  Korrupsie  |  Ontvoering  |  Valke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.