Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Seun (16) in arres ná 12-jarige meisie verkrag is

Die polisie het ’n tienerseun in Port Elizabeth in hegtenis geneem wat glo saam met nóg ’n seun ’n 12-jarige meisie verkrag het.

Die 16-jarige beskuldigde sal na verwagting Dinsdag in die Nerina-kinderhof in die stad verskyn nadat hy Maandag in die Qunu-gebied in Bethelsdorp by sy ouerhuis in hegtenis geneem is.

Volgens die polisie se inligting het die beweerde verkragting verlede Saterdag in die bosse naby ’n gronddam in Booysenspark gebeur.

Die slagoffer het glo omstreeks 14:00 saam met maats in die dam geswem. Nadat sy uit die water gekom het, het die twee seuns haar na bewering by die bosse ingedwing en verkrag.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê die slagoffer se maats het haar ouers van die voorval ingelig, waarna dit by die plaaslike polisiekantoor aangemeld is.

Volgens Janse van Rensburg word die tweede verdagte, glo ook ’n minderjarige seun, nog gesoek.

Die hof sal die 16-jarige beskuldigde na verwagting Dinsdag in die sorg van sy ouers vrylaat.

Meer oor:  Port Elizabeth
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.