Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Seun (18) in hof ná Centurion-aanval
Ruan van Heerden Maandag tydens sy verskyning in die landdroshof in Pretoria. Foto: Deaan Vivier

Die seun van ’n ouerpaar van Centurion het Maandag met ’n ou blou hemp in die landdroshof in Pretoria verskyn op twee aanklagte van poging tot moord op sy ouers.

Ruan van Heerden (18) word ook aangekla van roof met verswarende omstandighede en motordiefstal.

Hy het nie in die hof rondgekyk nie, en daar was ook geen familie om hom te ondersteun nie.

Van Heerden het by Regshulp Suid-Afrika vir ’n prokureur aansoek gedoen.

Sy saak is uitgestel tot 20 Januarie om die polisie kans te gee om die saak verder te ondersoek.

Van Heerden word daarvan verdink dat hy sy ouers, Barnie (54) en Magda (49), Vrydag met ’n gholfstok en mes in hul huis in Pierre van Ryneveld Park aangerand het.

Sy pa se arm is in die voorval gebreek en sy ma sterk nog aan in die Milpark-hospitaal in Johannesburg.

Meer oor:  Ruan Van Heerden  |  Centurion
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.