Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Seun (9) ‘sal stiefpa doodmaak’ oor verkragting
Die sakeman van Bloemfontein sit in die beskuldigdebank van die Bloemfonteinse streekhof. Foto: ALZANE NARRAIN

“Ek gaan hom doodmaak as hy onskuldig uit die hof stap,” het ’n negejarige seun in die Bloemfonteinse streekhof getuig oor die seksdade wat hy met sy stiefpa (41) moes pleeg.

“Dit maak my kwaad dat hy heeltyd sê hy het ons nie gemolesteer nie. Hy jok. Hy moet sy hande van kinders afhou,” het die gr. 4-leerling voor streeklanddros Jan Greyvenstein getuig.

Die sakeman van Gardeniapark in Bloemfontein het Maandag ontken dat hy sy eie dogter (4) en sy stiefseun oor jare heen verkrag en seksueel aangerand het.

Die beweerde dade het in 2015 aan die lig gekom toe die seun skokkende prente geteken het wat die seksdade met sy stiefpa uitbeeld.

Met emosies wat elke nou en dan in woede oorgeloop het, het die seun getuig hy was drie jaar oud toe sy stiefpa hom die eerste keer in sy (die seun se) slaapkamer verkrag het.

Dit het altyd in die aand gebeur wanneer sy ma en sussie geslaap het. Ander aande moes hy seksuele dade met sy stiefpa in die badkamer pleeg, sê hy.

Hy sê hy het niemand vertel nie, want sy stiefpa het hom beveel om dit ’n geheim te hou.

Hy sê hy is kwaad, omdat hy weet sy stiefpa het nog ’n seun gemolesteer.

Die seun het verder vertel hy moes sommige aande buite by die honde slaap omdat sy stiefpa hom uit die huis gesluit het.

Sy stiefpa het hom ook met ’n leerband geslaan en in ’n donker kamer toegesluit.

Hy sê hy is kwaad, omdat hy weet sy stiefpa het nog ’n seun gemolesteer.

Adv. Ronell Botha kla aan.

Hanlie Fourie van Booysen en Fourie-prokureurs tree vir die man op.

Die verhoor duur voort.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Seun  |  Verkragting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.